
Dorp: Secunda
Antwoord 1: My ma is my heel beste maatjie. Daar gaan nie n dag verby wat ek nie met haar praat nie. Sy is my veilige vesting. Die plek waar ek vrede vind. Ek kan my hartseer en geluk met haar deel. Sy oordeel my nooit nie en probeer my altyd op die regte pad help. As ek siek voel dan soek ek net my ma, want sy dra kos en koffie aan en maak seker ek rus altyd goed. Sy kyk mooi na my al is ek al jare getroud en uit die huis uit. My ma bid elke dag vir my, ek weet dit!! Sy is elke dag op haar kniee en het so n mooi verhouding met die Here. Sy is so n mooi voorbeeld vir my. My ma het nie veel as kind gehad nie, en het doodseker gemaak dat ek die lewe kan he wat sy nooit as kind gehad het nie. My ma se hande staan vir niks verkeerd nie en as gevolg daarvan kan ek ook enige iets aanpak waaroop ek my kop sit. Ons verhouding is eg, eerlik en opreg. Ek kan nie n lewe indink sonder my ma nie. As ek weer kon kies, dan kies ek haar elke dag as myne! Sy het my onvoorwaardelik lief! N liefde wat die lewe n beter plek maak.
Antwoord 2: Daar is nie n spesifieke tyd nie, ons is al deur baie goed en sleg. Ek kan net onthou dat ek as kind lekker bang was vir my ma, want sy was streng, maar dit het my gevorm wie ek vandag is. Ek weet nie hoe sy dit reggekry het om so n goeie werk te doen met kind grootmaak nie want ek het n dogter uitgedraai met goeie waardes en baie dryf in die lewe. Dis as gevolg van die voorbeeld wat sy elke dag gestel het. In slegte tye het sy my nooit alleen gelos nie, dis hoekom ek as grootmens steeds vandag my ma soek as ek nie lekker voel nie, al is dit net n vinnige oproep dan voel ek beter. En in goeie tye was sy ook altyd daar. Syt my nooit alleen gelos nie. Syt saam my gelag en saam my oorwinnings gefier. Ons verhouding is so sterk vandag nog omdat sy van die begin af tot vandag toe nog deur goeie en slegte tye nog nooit my hand gelos het nie. Ons verhouding sal nooit ophou groei nie, want ons sal nooit mekaar ophou liefhe nie. Sy is n ma vir my man ook, want hy het nooit die voorreg gehad soos ek om sy ma te ken nie en dit het ook ons verhouding net sterker gemaak. My ma se hand is nooit toe nie, sy sal haar laaste sente gee vir iemand wat swaarkry al ken sy hulle nie eers nie. Sy is n lewende voorbeeld van "gee en jy sal ontvang". My ma probeer doodseker maak dat haar kinders eendag in die hemel opeindig, want sy weet goed, dis al wat sy saam met haar kan vat eendag as sy hemel toe gaan. Hierdie ma-dogter verhouding is sterk en word elke dag net sterker en dis die grootste seen wat enige ma kan ontvang, is as haar dogter haar lief het en koester. So ook is dit as kind die grootste seen om n ma te he met wie ek in n liefdevolle verhouding kan staan.
Antwoord 3: Maak tyd vir mekaar, bel mekaar, kuier saam met mekaar, want die lewe is kort, mens weet nooit hoe lank jy nog geseen is met so n spesiale geskenk nie. Deel jul lewe met mekaar, niemand ken jou beter as jou ma nie, en niemand soek beter in die lewe vir jou nie want jou seer is haar seer en jou vreugde is haar vreugde. Koester mekaar, he mekaar lief! Leer by mekaar. Maar belangerikste van als is bid vir mekaar en saam met mekaar. Daar is so baie mense wat smag na n goeie verhouding met hul ma wat dit nie het nie of wat nie eers meer n ma het nie. As jy nog jou ma het, wys haar elke dag dat jy haar lief het. Syt haar lewe vir jou gegee, want die dag toe jy gebore is, toe verander haar hele lewe. Syt tien teen een als wat sy van hou of als wat sy was opsy gesit en jou haar alles gemaak. As jy nie n verhouding met jou ma het nie of daar is seer in jul verlede, vergewe mekaar en begin nuut oor. Daar is nie n groter geskenk as n ma -dogter verhouding nie. Dis nie een mens wie jou altyd sal kies en jou altyd beter sal ken as enige iemand anders, want jy is n deel van haar.