Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Maryke Jonker

Maryke Jonker

Dorp: Hartbeespoort

Antwoord 1: Finkel en Koljander die een is regtig soos die ander. My besie, BFF en sielsgenoot. Een wat daar is of jy nou wil of nie, dis ons verhouding. Eerlik, opreg en deursigtig, die een wat altyd jou rug het. Ek verruil my verhouding met my dogter Minante vir niks. Dis 'n voorreg van Vader om 'n vriendin vir ewig groot te maak.

Antwoord 2: Ons minder goeie tye saam was so 6 jaar gelede toe my ma oorlede is aan kanker. Minante was Baie erg oor haar ouma en die seer wat ons gedeel het was iets wat ons laat dink het oor hoe kosbaar ons verhouding is. Goeie tyd is verseker ons toer deur Europa!

Antwoord 3: Eerlikheid is die hoeksteen van enige verhouding. Maak nie saak wat jy gedoen het of hoekom nie, wees net eerlik daaroor dat ek kan help. Vir ma's: luister voor jy preek, en gee jou dogter 'n kans om haarself te bewys.