Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Genevieve Castro

Genevieve Castro

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Wat maak my ma en my verhouding speciaal? Ek moet se ek en my ma kan oor enige iets gesels. As sy huil,huil ek. My ma is my beste vriend en is altyd daar vir my. My ma ken my so goed,sy weet waarvan ek hou en wat vir my speciaal is. As ek elke oggend werj toe ry gesels on telefonies,my ma is my rots en die enigste persoon met wie ek kan afpak en raad kry. My ma is 'n ma duisend. Ek moet se dat sy ma my soveel geleer het,hoe om liefdevol te wees teenoor ander. Hoe om die mooi in die lewe te sien al is daar donkerte. Die here het vir my die regte ma gegee om my groot te maak met liefde,vreugde,geduld,eerlikheid,vriendelikheid,simpatie en geloof aan die Here. Ek is ewig dankbaar vir my ma en haar sagte groot lifdevolle hart.

Antwoord 2: My en my ma se verhouding het sterker gegroei toe ek uit die huis trek. Ons familie is alryd naby mekaar,om te trek van 'n klein dorpie na 'n groot stad was nigals stressvol vir my. Dit was 'n hartseer tyd vir ons albei(Baby leaving the nest). Met dit gesels ons saagliks,al is dit net oor die dag of self ooe wanneer wie bymekaar gaan kuier. Soms omdat ja ons nie myle van mekaar bly nie ,ons mekaar video-call net om te gesels en selfs net om te weet wat elk maak vir aandete,want om dit uit te dink is 'n "mission". En ja my lieflike pa sit altyd die tv safter terwyl ek en my ma gesels ,ek soms dink hy ly aan FOMO.Maar vir my ouers is ek vreeslik lief en ek is wie ek is vandag asvgevolg van hulle

Antwoord 3: My raad vir ander ma's en dogters is dat al is die verhouding met jou ma of dogter bietjie "rocky" ,kan jy as ouer net die beste wil gee vir jou dogter. As 'n dogter soms verstaan mens nie lekker waarvan jou ouer kom nie ,soos wat mens ouer word word mens wyser. Dan sien mens dat alles van liefde af kom. Geen persoon op aarde is perfek nie ,elke persoon is hul eie mens. Maar op die einde is jy wie jy is ,omdat die persoon wieb jou groot gemaak het jou hart gevul het met liefde. Om 'n ouer te wees en om 'n ouer te kan hê is 'n groot voorreg en geskenk.