Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Chantell Combrink

Chantell Combrink

Dorp: Rustenburg

Antwoord 1: Ek en Carmen is beste vriendinne. Ons is, maar soos almal, al hel toe en terug met die lewe se stampe en stote. Ons deel ALLES met mekaar. My grootste wens was dat my dogter my met alles sal kan vertrou en dank ons Hemelse Vader, ek is altyd haar 1ste oproep. Ons kan baklei, maar ons lag en huil en ondersteun mekaar dwur alles. Ons sal nie sonder mekaar kan oorleef nie. Sy is my asem - my mooiste besitting en n jong vrou met die mooiste hart

Antwoord 2: Ons is al deur baie goeie tye saam, en kan lekker lag. Ons is deur hengse familie drama en ek het n selfdood poging gehad. Sy was baie kwaad, en het gevra dat ek haar NOOIT uit my eie sal los nie. En dit het my terug geruk en besef dat sy die moeite werd is om voor te bly lewe. En onlangs moes ek vir n mamogram gaan, sy was saam my, en weereens het sy my gesmeek om nie dood te gaan nie. Gelukkig is ek skoon, maar sy is my rots. Hier is nie genieg plek om dit waardeur ons is te beskryf nie - en niemand sal ons band kan breek nie.

Antwoord 3: Vertroue in mekaar. Jy kan nie verwag jou dogter moet jou respekteer en jou vertrou as jy haar nie respekteer en vertrou met alles nie. Dogters is n geskenk, toegedraai in n klein bondeltjie liefde as hulle gebore word, en word jou diepste en grootste vriendin, maar julle moet albei werk insit. Sy moet jou 1ste wil sê wanneer iets, klein of groot, in haar lewe gebeur. En dit is die geheim, vertrou haar en luister wanneer sy praat, moenie net hoor nie. Hulle doen wat ons doen, nie wat ons sê nie - wees die voorbeeld