
Dorp: Bloemfontein
Antwoord 1: Ons het 'n ongelooflike hegte band. Sy is my hoeksteen, grootste ondersteuner, sal altyd daar wees, saam lag, saam huil. Alhoewel ons dag en nag verskil en dan ook so dieselfde is n vele opsigte. Ons vrek baie pret saam. Lag is die lekkerste veral as ons verspot is. Soms is ek die ma en my ma die dogter want sy is baie stout.
Antwoord 2: Om uit die huis te trek is maar n groot aanpassing vir enige ouer en kind. Maar dit het gemaak dat ons elke liewe oomblik saam mekaar koester. As ons mekaar sien is daar altyd baie nuus om te deel en baie om oor op te vang. Dit het gemaak dat ons mekaar daagliks bel/whatsapp of kuier.
Antwoord 3: Al stamp mens koppe moet mens net onthou dat jy jou ma se hele lewe is en dat sy byna enige iets vir jou sal doen. Sy het lewe aan jou gegee en sal dit weer doen as sy moet. Koester elke oomblik saam en geniet die klein dingetjies. Hou alles lughartig en prettig want lewe is te kort om altyd erinstig te wees.