Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Debbie Viljoen

Debbie Viljoen

Dorp: Bethlehem

Antwoord 1: Ons het altwee sterk persoonlikhede en het al koppe gestamp maar wat ons verhouding spesiaal maak vir my is dat ons mekaar baie goed ken en mekaar kan lees. Al is ons duisende kilometers uitmekaar weet ons net as daar fout is met die ander een. My dogter deel alles met my want ek het haar altyd laat weet dat ek daar is vir haar en haar sal bystaan maak nie saak wat sy doen nie. Sy weet sy kan my vertrou en ek vir haar. Sy is my beste vriendin en ons is mekaar se veilige hawes. Jesus het my geseën met 'n pragtige dogter met die mooiste hart. As ek verkeerd is wys sy my reg en as ek moeilik is verstaan sy net.

Antwoord 2: Toe my dogter 8 jaar oud was het daar 'n man by ons huis ingebreek en wou hy ons verkrag. Ek het vir die Here gebid vir beskerming en gelukkig het my man by die toneel opgedaag en ons gehelp. Daai hele insident het gemaak dat daar 'n abolute onbreekbare band tussen ons was wat nooit kon breek nie. Sy het geweet ek sal alles in my vermoë doen om haar te beskerm en ek het geweet My Here sal ons nie verlaat nie maak nie saak hoe dinge uitdraai nie. Dis asof die insident ons siele aanmekaar gevkeg het. Ek kan dit nie in woorde verduidelik nie.

Antwoord 3: Wees altyd opreg, reguit en eerlik met mekaar. Moenie vir mekaar ooit lieg nie en elkeen moet verantwoordelikheid neem vir haar dade wanneer iets verkeerd loop. Wees geanker in die Here se liefde en genade en gee dieselfde genade aan mekaar. Alhoewel ons mekaar soms teleirstel weet ek nog steeds maak nie saak wat nie, my dogtet het altyd my rug en ek kam altyd staat maak op haar en sy op my.