
Dorp: Polokwane
Antwoord 1: Ons egtheid, ons eerlikheid, ons respek, ons sagheid en ons liefde vir mekaar. Ons is betrokke in mekaar se lewens. Ons deel ons gedagtes, goed of sleg, ons verstaan mekaar.
Antwoord 2: Ek was vir 2 jaar n dwelm verslaafde en nou al meer as 11 jaar skoon. My ma het my nie geoordeel nie maar my by-gestaan deur die moeilikste tyd van ‘genesing’. In September 2025 het my ouers se huis afgebrand en my ma het als in die brand verloor, my stiefpa is ook in die brand oorlede. Nou is dit my kans om my ma weer op te bou en seker te maak sy genees. In kort; dwelms, dood, ‘abusive verhouding, parkinsons, huis brand staan ons steeds bymekaar en dit als het ons verhouding net sterker en sterker gemaak.
Antwoord 3: Wees eerlik en respekteer mekaar. Hierdie vraag sal my ma antwoord en se, bid vir jou kinders, bly op jou kniee voor God. Ek hoop dat eendag my kinders my sal sien soos ek my ma sien.