
Dorp: Klerksdorp
Antwoord 1: Shoe!! Dit is ń moeilike vraag om te verduidelik hoekom ń dogter en ń mamma se verhouding spesiaal is . My mamma se naam is Marita van der Linde. Ons verhouding is vir my spesiaal want sy is nie net my mamma nie sy is my sussie oor ek die enigste kind is sy is my beste vriendin die persoon met wie ek letterlik alles deel goed, sleg mooi en lelik die persoon wat God vir my gegee het wat letterlik elke sekonde van die dag vir my daar is daar gaan nie eendag verby waar ek en sy nie mekaar bel of whatsapp nie al is dit oor hoeveel die kaas kos by Spar of hoe mooi Checkers se nuwe kersfees dekor is nie. Sy is my shopping maatjie al moet ons dit skelmpies doen dat die manne nie uitvind nie . Sy is mamma, maatjie bestie . Sy het my geleer en gevorm vir die vrou wat ek vandag is ek is 30 jaar oud en ek sal nooit vergeet hoe my ma my groot gemaak het nie sy is ń ou kwaai tannie maar eks vandag so dankbaar vir dit . Syt my geleer beproef alles en behou die goeie jou naam is jou eer en dat Jesus my verskriklik lief het. Ek sien nie my lewe sonder ma my nie ek sien nie hoe ek en sy memaar nie 10 keer ń dag bel om silly specials en goed met mekaar te deel nie. Sy my groot gemaak met goeie sterk waardes my pa het meeste van die tyd weg gewerk en sy moes maar pa ook speel ń choppie braai op n Saterdag en gras sny was ons ding. Maar ek veruil ons tye vir niks nie . Sy is my hele hart my GO TO .... EK kon nie vir ń beter ma vra nie ek dank die Here elke liewe aand . Ons verhouding is baie geheg maar ons kan lekker koppe stamp ook ek dink oor dit meestals net ek en sy was en meer soos sussies is is koppe stamp bietjie makliker vir ons. Maar so het ons mekaar gevorm. Sys my mamam en em het haar lief met my hele bestaan .
Antwoord 2: Ek en my ma kan lekker stout saam wees maar toe ek universiteit toe is na ek Laerskool en Hoërskool na al die tyd net ek en sy en my pa wat nou en dan van sy werk af kan kom was dit moeilik om vir haar die persoon wat dag en nag elke netbal oefening elke wedstryd laat aande aksie netbal en korfbal toe moes ry te se ek gaan nou swot mamma en em gaan koshuis toe. Dit was vir ons as ma en dogter nie baie maklik nie ons was mekaar se alles en nou moet sy aleen reg kom en em moet leer sonder lewe dit was vir ons n baie groot aanpassing en mens begin mens se eie lewe, lewe . Maar ek en sy het mekaar elkedag gebel gesms as ek nou moeg Door gespeel het op die NWU Kampus dan moet ek net gou ma bel en alles vertel van die oggend 4 uur wat ek vir my Koshuis HK moet badwater tap met ekstra bubble bath tot laat aande se aksies . Ek het in die begin verlore gevoel ek wou net my ma he ek wou na skool koffie drink gesels en skinder en alles vertel en toe universiteit aan breek het alles verander. Maar sy het gelukkig my GO TO gebly en sy sal tot die dag wat Jesus haar kom haal hopelik is dit oor baie baie lank.
Antwoord 3: Om te besef en te weet hulle was ook jonm het ook kort rokkies gedra en make up op gesig natuurlik heelwat anders as ons vandag maar dat hulle ook eers n dogtee vir iemand was en ook jonk was en foute gemaak het . En op die ou einde van die dag dat hulle reeds deur alles is wat ons jonges nog moet deur gaan. Dat ons as dogters sal verstaan as hulle se wees voor 10 by die huis of matigheid voor oë en wees versigtig vir die manne. Dat hulle wil beskerm want dit is wat die Here vir ń mamma gegee het ń tweede sintuig asof ń mamma bid vir n ekstra beskerm engel vir haar dogter. Luister , luister ,luister net hulle is altyd reg op die ou einde. Even oor die boyfriend wat jy kamma van gehou het.