
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en my ma is die enigste vroue in ons gesin. Met 2 broers was ons in die mindere - maar ek sou dit nie anders wou hê nie. My ma is die sterkste vrou wat die maklikste (en vinnigste) vergewe van enigiemand wat ek ken. Sy is 'n Spreueke 31 vrou en só na aan die Here. Ons was nog altyd na aan mekaar, ten spyte v al die uitdagings wat die lewe al gegooi het. My ma se lag is aansteeklik, en ons het al soveel mense gehad wat sê ons lyk baie na mekaar - wat vir my 'n groot kompliment is! Saam groei ons deur al die fases vd lewe.
Antwoord 2: Soos ek genoem het, my ma is die sterkste vrou wat ek ken. In 2022 was daar soveel seer wat sy moes oorkom. Sy't my pa gevang met 'n buite-egtelike verhouding na èk vir haar genoem het sy moet bietjie ondersoek instel na ek vreemde gedrag opgemerk het. Hy het haar ook probeer doodmaak - sy het oorleef. Dis slegs genade van Bo! Sy het hom ook VERGEWE! Vir alles! Daarom leer ek so baie by haar v vergifnis! Dit het ons verhouding getoets, maar tog sterker gemaak! Ek sal my ma altyd by staan oral waar ek kan. En julle.. sy BID! Aanhoudend! Sy is regtig merkwaardig, hart v goud en mooi v binne na buite! 'n Mooimaak sessie het sy so nodig, om dit weer te besef!
Antwoord 3: Kommunikasie is so belangrik. Sê as iets pla, sê ook as iets goed/mooi is. Leer bymekaar, help mekaar en bid vir mekaar. Om 'n noue band met my ma te hê is een vd spesiaalste dinge in my lewe. Vergewe - ek leer dit by my ma! Dis soms só moeilik, maar dit maak JOU vry! Bid saam en vir mekaar. Besef elke dag is net geleen, en wat jy het is net genade, waardeer mekaar. Ons is almal uniek, 'embrace' dit! Niemand kan 'n beter jy wees... as JY nie!