
Dorp: Johannesburg
Antwoord 1: Sonder om corny te klink - ons is beste maatjies. Ons is so verskillend in so baie opsigte, maar ons harte is eenders. Ons vul mekaar aan in terme van opinies en om mekaar oopkop te hou - en ons hou mekaar aanspreeklik. My hangkas is haar hangkas en vice versa (ek pak aspris te min klere as ons gaan kuier dat ek in haar kas kan in vaar). Sy bel my oor tegnologie, ek bel haar as ek 'n resep of skoonmaak advies nodig het. Sy leer my van alles skoonmaak met asyn en ek leer haar van Chat GPT. Ons is mekaar se eerste oproep as daar bietjie skindernuus is of as ons net bietjie wil "vent". Ons luister aandagtig maar gee altyd eerlike raad.
Antwoord 2: My ouerskap reis. Dit was brutal op my mental health - maar my ma het my hand vasgehou al die pad. Mens onthou mos maar nie hoe jou ma met jou was toe jy 2 was nie - om haar liefde te sien as 'n ouma het vir my so 'n mooi verbeeldings prentjie gegee van haar as 'n mamma. Die liefde wat ek kan voel, kan ek nou in lewende lywe ervaar.
Antwoord 3: Aanvaar mekaar - jou mamma is dalk moeilik, maar jy is ook LOL. Wees lief vir die verskille, sien die gene ;) Wees dit wat die ander een nodig het op 'n gegewe oomblik - soms soek ek my mamma of soek sy haar dogter, soms soek ons 'n maatjie, soms 'n shopping buddy, ander kere 'n ouma. Die verhouding is verkleurmannetjie-agtig. Leer om te luister na mekaar en om nie alles oorboord persoonlik te vat omdat dit jou ma of jou dogter is nie. Ons is nou albei grootmense met twee verskillende ondervindings - ons kan leer van mekaar.