Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Samantha Levey

Samantha Levey

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: As n kind, verstaan ons nie altyd die besluite en reels wat ons ouers in plek het om ons te bekserm nie, ons raak kwaad, ons baklei en soms voel ons ons wil huis uit. Nou dat ek self n mamma is, sien ek die waarde en redes, ek sien die opoffering en die slaaplose nagte. En ek sien dat alles uit liefde gedoen word. Om my en my ma se verhouding te verstaan moet ek agtergrond gee op watse tiepe mens my ma is. My ma is die mees liefdevolle, sprankelende, goed hartige siel in enige iemand wat haar ken se lewe. Sy help graag waar sy kan, sonder enige verwagtinge. Sy staan ons by, sy huil saam, sy lag uit haar diepste en het die grootste sin van humor. My ma is werklik n engel wat aan ons gestuur is. My ma het n moeilike opvoeding gehaad en as gevolg van haar huis lewe en struikels lei my ma aan kroniese depressie as n volwassene. Alhoewel hierdie haar realiteit is, KIES my ma ELKE DAG om gelukkig te wees, sy kies om die mooi in alles te soek, sy kies om alles vir haar familie te wees en vir ons te lewe. En dit is hoe sy my en my boetie ook groot gemaak het en geleer het. Jou geluk is in jou hande, jy kies wie en wat jy wil wees en hoe jy jou dag aanpak. My en my ma se verhouding is spesiaal want ek voel dit is die van n vriendskap, sy is my beste vriendin, my rots en my grootste ondersteuning. Ek en my Ma lewe vir die "Serendiptious" oomblikke in elke dag en alles wat ons doen. Ons kies om vir mekaar te lewe en ons kies om die ‘magic’ elke dag te soek.

Antwoord 2: Daar is n leeftyd vol stories om te vertel, mooi oomblikke, hoe my ma elke geleentheid spesiaal probeer maak met die kleintste gebare, hoe sy seker maak om fotos te neem dat mens altyd die herinneringe het. Hoe sy notas maak van iets waarvan jy hou en op n dag dit op jou bed los as n verrassing. Hoe sy tyd spandeer en aandag gee aan haar kleinkinders, hulle besig hou dat ek vir n paar minute kan gaan le en my oe toe maak. Maar daar is 2 tydperke in ons lewens wat duidelik vir my uitstaan as die draai punt in ons verhouding. My ma was baie jare terug gediagnoseer met kronisie deprassie en sy werk baie hard, met hulp van my pa en ons as familie om haar geestesgesondheid te balanseer, maar daar was n tyd wat dit baie moeilik was, sekere faktore en omstandighede buite ons beheer beinvloed die werk wat mens insit en om n gesonde balaans te vind vat tyd. As n kind wat nie sukkel met depressie nie, is dit baie moeilik om altyd te verstaan, regtig te verstaan, meeste volwassene verstaan dit nie eers te volle nie. My ma het deur n baie moeilike tyd gegaan en die nood gevoel vir verdere behandeling om haar situasie te beheer, sy is toe gehospitaliseer vir n kort tydjie. Ek het dit nie verstaan nie, ek was onsteld en kon nie insien hoe hierdie nodig was nie. Ek het my ma gaan besoek in Denmar en ons het gesit en gesels, sy het oopgemaak en met my gedeel en vir die eerste keer het ek n ander persepsie gekry, ek het geestesgesondheid heeltemal anders begin sien en kon vir die eerste keer BEGIN verstaan watse struikel my ma daagliks moes oorkom. Hierdie is waar ons grootste groei plaas gevind het, hierdie is waar ek vir die eertse keer insig gehaad het oor hoe my ma elke dag vir ons baklei. Ons 2de groot groei punt was jare later, my eerste swangerskap het tragedies in n miskraam beeindig. my ma was my rots deur hierdie moeilike tyd, sy het gesit en luister as ek gesels, my moed in gepraat as ek in mekaar wou stort en sy het altyd geweet hoe om op te tree, wanneer om iets te se en wanneer om net still te bly. Hierdie was vir my n groot deel van waar ons verhouding in n vriendskap gedraai het, my ma was meer as net my ma, sy was my beste vriendin, sy was my persoon.

Antwoord 3: Ons raad aan ander ma’s en dogters is om mekaar te respekteer. Respekteer mekaar se besluite, al stem jy nie daarmee saam nie. Elke persoon het die reg om hul eie besluite te neem, advies kan gegee word, maar geen opinie kan forseer word nie. Almal is anders en almal reageer anders. Ons moet mekaar genoeg respekteer om okay te wees met wat die ander besluit en ons moet altyd voorentoe kan beweeg uit enige situasie uit. Laat die verlede gaan, moet nie vashou aan slegte tye nie, moenie kwaad bly oor wat gebeur het nie, sit en voer openlike gesprekke, he die moeilike gesprekke, moet nie bang wees om eerlik te wees nie. Al hoe mens voorentoe kan beweeg is deur kommunikasie. Luister na mekaar, moet nooit die ander se gevoelings of vrese afslag gee nie. Om n ma en dogter band te he is ‘magical’. Niemand kan dit van julle af weg vat nie en niemand kan daai spasie in jou hart volmaak soos n ma of dogter nie. Vertrou op die Here, vertrou dat hy n plan vir ons elkeen het. Maak nie saak hoe moeilik die pad raak nie, daar is altyd n reenboog na die storm. My ma se gunsteling gesegte is: Don’t tell God how big your storm is; tell the storm how Big your God is.