Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Andrea Raaths-Duarté Isabel Raaths

Andrea Raaths-Duarté Isabel Raaths

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ons is spesiaal saam !! Om te begin lyk ons soos n tweeling Ons voel soos n tweeling met n groot ouderdoms verskil . Ons gedagtes is gekoppel met hoe ons dink wanneer ons aan iets dink en hoe ons van dit dink . Ons is mekaar se alter egos en lewe op mekaar se oras . Ons doen niks sonder mekaar nie . Ons ry rally- vir motorsport suid afrika Gym saam jaag kattekwaad aan saam en 95 % van die tyd kry ons mekaar by dieselfde plek op dieselfde tyd vir dieselfde behandeling sonder om af te spreek. Ons is n hele pakket en almal weet as jy die een nooi kom die ander automaties . Ons is nie net ma en dogter nie maar beste vriendinne , sy is ook n ouma vir my dogtertjie en n voorbeeld vir baie mense Ons sien mekaar se punt in en voel altyd dieselfde oor n uitkoms of besluit. Ons het presies dieselfde onderliggende pyn en skete - asof ek oud is 🤣🤦🏻‍♀️ Ons pak alles saam aan en probeer elke dag die beste weergawe vir mekaar wees en n voorbeeld vir ons samelewing . Ons belangstellinge en smaak is soos een mens . Ons het die tipiese spieëlbeeld verhouding -presies dieselfde mense net in n ouer en jonger weergawe En wie kan nou moeg raak vir jouself Ons het deffinitief n dieper konneksie As mense ons sien vra mense hoeveel jare verskil ons as sussies Toe ek swanger was het my ma my cravings gekry sonder dat sy weet eks lus vir peppermint bak sy peppermint terte want sy kon ni genoeg kry nie . En elke keer dink ek sy bak dit vir my. Ons gaan uit ons pad uit as ons die een nie in die hande kry soos bel die werkgewer en hoor by ander of sy nog lewe . Ons lag in dieselfde ritme en het dieselfde aanwensels Ons klere smaak is dieselfde ons voel presies wanneer die ander een nie lekker voel nie en bel gewoonlik op dieselfde tyd . Ons is een siel in twee liggame !!

Antwoord 2: Ons het net goeie tye saam al is dit net gaan koffi shop dis altyd lekker saam mekaar Maar ons het n minder goeie ervaring deur oorleef Ons twee is nooit kwaad vir mekaar maar ons het wel n baie emosionele paer jare deur gewerk Ek was in n baie aggresiewe verhouding en my ma was my steun pilaar Die een wat my daar deur gebid het Al het my pa gese genoeg is genoeg het sy teen sy besluite gegaan en nagte om vir my steeds die voordeur kom oopsluit My rustig gemaak met n kalmeer pilletjie en nagte om saam my gehuil het Sy het my gedra en my gekies toe niemand my wou help Sy het my gehelp al wou ek nie haar hulp aanvaar nie Sy het n vertroue van vriendskap binne my gekweek en my laat besef die lewe wag vir my om te lewe Sy het my aanhou ondersteun totdat ek self besef het genoeg is nou genoeg Nooit het sy my opgemaak teen enige iemand of iets ek moes self besluit . Vandag staan ons twee met n spieel beeld verhouding waar ons so gekoppel is ons al ons seer en al ons geluk saam mekaar aanvoel . Ons praat met ons oe en verstaan mekaar asof ons soos suiwer afrikaans praat . Ons is ge synchronise met elke aspek van ons lewe .

Antwoord 3: Raad vir n mamma en dogter Wees beste vriendinne Want julle twee gun vir mekaar die wêreld niemand is jaloers op mekaar of het verskillende agendas soos ander vriende nie . Ma en dogter is n siels band wat niemand kan weg neem !!! Gee mekaar raad en bou mekaar op wees mekaar se skaduwee en alter ego Maak tyd vir mekaar elke dag , Wees die persoon saam mekaar as jy vir jouself in die spieel kyk Wees opbouend teenoor mekaar En gee net al jou liefde vir mekaar want vrou wees alleen is reeds n super power Maar twee vrouens saam is soos n weermag van 100 manne !! Voel geseënd om geseënd te wees met mekaar .