
Dorp: Gouda
Antwoord 1: Ons twee is baie diesefde, lyk na mekaar, maar tog ook baie verskillend. Ons het nog altyd n hegte band gehad geskool op absolute liefde en vertroue. Ons kan heerlik gesels en redeneer- Lynn- Mari is n prokureur- en ook net gemaklik in stilte bymekaar wees. Elkeen van ons dra die ander een in haar hart, jy kan nie eintlik jou pyn of vreugde vir die ander een wegsteek nie. Om n dogter te he, is om n lewenslange beste vriendin te he, altyd daar, altyd beskikbaar. Ek moet een van Jesus se favourites wees net die dogter wat Hy vir my gegee het.
Antwoord 2: Ons gaan tans deur n baie moeilike tyd as n gesin, met my egskeiding na amper 30 jaar getroude lewe. As Christene, challenge dit n hele paar goed wat ons geglo en geleer het. As ma en dogter, moes ons saam deur teleurstelling, verwerping, ander se opinies en harde lewenslesse werk. Ons moes leer om die mooi doelbewus te kies en te vertrou dat alles op die ou end uitwerk soos dit moet.
Antwoord 3: Ons is altyd eerlik met mekaar en soms gee ons n antwoord wat die ander een nie op daardie oomblik wou hoor nie. Dan moet jy genoeg respek he vir mekaar om net so tikkie tyd te gee en die woorde goed fyn te kou en te sien dat dit wel wyse raad vol liefde was. Vertroue, respek en liefde is die fondament- lag en samesyn bou die mure.