
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: My ma is n engel wat die Here vir ons gestuur het. Haar pa was n alkoholis en is oorlede toe sy 9 is. Haar ma het selfmoord gepleeg toe sy 14 geword het. En sy was amper n weeskind. Sy het toe by haar oom hulle gaan bly. Ten spyte van haar omstadighede het sy nie een nie, maar vier dogters groot gemaak. My ma het n groot sukses van haar lewe gemaak en is noogsteeds ons grootste ondersteuner. Dis agv haar dat ons 4 sussies ook so vreeslik close is.
Antwoord 2: Toe ek 7 was het my pa se besigheid gevou en my ma het besluit gebak om ekstra geld in te bring. Ons 4 het elkeen n ander werkie gehad. Cusserine het die beskuit in die sakkie gepak en geweeg. Ezel het die strukkies om die sakkie gebind. Ek het die dankie kaartjie aangeheg en Edette het gehelp om die sakkies te pak. Sy was maar 5 jaar oud. Eendag, hard aan die werk het Edette gespog oor haar los tand. Syt hom lekker gesit en wikkel en die volgende oomlik, woeps, is hy uit... dis probleem was, ons kon nie die tand opspoor nie. Deur al die sakkies en oral op die vloer gesoek... daai tand was WEG! Wel. Tot vandag toe kon ons nie daai tand opspoor nie. Maar as jy al ooit n span wou sien saamwerk, sou jy daai dag sien!
Antwoord 3: Tradisie is belangrik. My ma het seker gemaak ons sit elke sondag saam en eet n groot ete saam. Syt haarself afgesloof voor die stoof elke dag maar veral op n sondag. Syt ons alles geleer wat ons weet. Wees geduldig met jou dogter en maak seker God is die middel punt van JOU overhauling want jou dogter(s) se gebede gaan jou deur trek wanneer jy dit die meeste nodig het en ook andersom. Luister wanneer jou dogter praat en vir hulp vra. Onthou, sy het net een ma. En laaste en die belangrikste wees lief vir mekaar!