
Dorp: Bethal
Antwoord 1: Wat maak ons verhouding spesiaal? Ons 2, en God en Sy woord. Dit maak nie die verhouding perfek nie. Glad nie. As mens maak ons nog steeds foute maar met God se woord as die fondasie help dit om die dae wanneer ons verskil vinnig uit te sorteer. En dis juis wat ons verhouding so spesiaal maak is dit is nie perfek nie. Ek het ‘n sterk geaardheid en word maklik kwaad, Melissa het ‘n sagte geaardheid. Ek dink dis hoekom ons so goed oor die weg kom en so spesiale band het. Ons het al baie koppe gestamp, goed vasgesit maar, ons het 'n goeie oop verhouding waar sy die vrymoedigheid het om met my oor enige iets te praat en vir my te wys eks verkeerd gewees. Ek gee graag raad, sy gebruik dit nie altyd nie. Dis ok want sy is haar eie mens en doen dinge op haar eie manier. Ons band is so dat ek kan aanvoel wanneer iets nie reg is nie. En wanneer ek vir haar boodskap stuur of bel dan is dit so. Sy weet ook wanneer ek nie 'n lekker dag het nie. Ons kan net saam sit en koffie drink sonder om te praat ofaop ‘n reënerige dag in ons pajamas te bly en movies kyk. Ons respekteer mekaar se besluite al stem ons nie saam nie. Ons kan lekker lag oor simpel goed. Ek of sy sal iets sê wat vir ons snaaks is en dan sal ons lag tot ons nie meer kan nie. Sy sal vir my sê as klere of make-up nie by my pas nie, en ek vir haar. Ons vertrou mekaar se oog en vat nie aanstoot nie. Ons stem verseker nie altyd saam oor sekere goed nie, en dis ok. Dit maak ons verhouding spesiaal en opreg. Sy is 'n pragtige jong dame met die mooiste persoonlik. Ek en sy is albei kunstig in verskillende maniere so ons albei leer iets bymekaar. Dis lekker om saam met haar te werk aan iets. Sy het die minimalistiese oog waar ek hou van baie detail.
Antwoord 2: ‘n Minder lekker tyd in ons verhouding? Ek het op 'n stadium nie haar verhouding met, (nou my skoonseun) goedgekeur nie. Sy was in matriek en hy reeds uit die skool. Ons het baie dae koppe gestamp en ek kon nie verstaan hoekom ek so voel nie. Ek het gebid dat God my sal wys wat ek verkeerd doen en hoe om dit reg te stel. God het my geantwoord: my vriendin het toe vir my gesê dat daar niks met hom fout is nie, dis die wete dat ek haar liefde en aandag nou met iemand anders moet deel (selfsugtig neh,nee net 'n ma). Ons het daardeur gewerk en vandag is ek baie lief vir my skoonseun. Dit het verseker ons verhouding sterker gemaak. Ek het besef dat ons verhouding is sterk genoeg en dat ek haar nie gaan verloor nie.
Antwoord 3: Daar is geen resep nie. Daar is ook geen perfekte verhouding nie. Met God en sy woord kan julle saam enige situasie hanteer. Trane, koppe stamp en verskille gaan daar wees maar dis hoe die verhouding groei en sterker word. Luister na mekaar. Erken as jy verkeerd is. Moenie dink omdat jy die ma is jy weet beter nie. Partykeer is die jonger geslag ook reg. Hê respek vir mekaar se besluite. Julle hoef nie altyd saam te stem nie en dis heeltemal ok. Spandeer soveel tyd saam as wat julle kan.Vat ten minste een dag ‘n maand en maak dit net julle dag. Doen iets saam, maak dit ‘n lekker ma en dogter lag dag. Gee raad maar los haar om haar eie besluite en ook foute te maak. ‘n Goeie verhouding beteken nie julle moet van dieselfde klere,kleure of kos hou nie. Elkeen moet sy eie persoon wees. Bid vir mekaar. Bid vir julle verhouding as ma en dogter,