
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en my moeder (en ousus) is, was en sal altyd so geheg wees aan mekaar en mekaar se beste maatjies wees. Dit was nog altyd net ons drie en my ma, die ystervrou wat sy is, plaas ons altyd eerste en ons dink die wêreld van mekaar. Ons verhouding is vol liefde, respek, geduld, omgee, lag, vreugde en vrede. My ma is my veilige hawe. Nie eers gepraat van hoe mooi dit is om te sien hoe lief sy my kinders het, en net die beste ouma onder die son is. Soos my man altyd sê: Jy en jou sussie se naelstringe is nog vas aan julle ma! Net liefde.
Antwoord 2: Ons drie was al deur baie in ons lewe. My pa is oorlede 18 jaar gelede, my ma moes opstaan en sterk wees vir ons en vir lank die rol van pappa en mamma speel, selfs my en my sussie in die isle afloop op ons troues. September 2024 kry ons ystervrou, hero, ons alles, ons moeder, 'n groot beroerte en alles verander. Met genade van ons groot God, lewe my ma en kan nogsteeds self alles doen en aangaan met haar lewe maar tog is daar challenges en het hierdie ervaring soveel vir ons verander soms sleg, baie meer goed, ons het geleer om met net nog meer liefde en geduld en dankbaarheid saam te lewe.
Antwoord 3: Die lewe is kort, en uit ons eie ondervinding kan alles in 'n oogwink verander. Dit is nie net 'n cliche nie, dit is regtig so. Om jou moeder in 'n ambulans te sien, by 'n trauma eenheid, met dokters wat wil hê jy moet keuses maak wat jou ma se lewe kan beïnvloed besef jy vinnig hoe kort die lewe is. Moenie bekommer oor klein goed, en mekaar se geluk en vrede steel met onbenullighede nie. Wees dankbaar vir mekaar, wees oop en eerlik met mekaar, praat oor alles, eet saam tenminste 1 maal 'n week, wees mekaar se maats. Wees betrokke by mekaar. Die lekkerste vir my is om altyd te hoor as my ma vir almal sê, haar dogters is haar alles.