
Dorp: Potchefstroom
Antwoord 1: Van die heel begin af het ons Hemelse Vader geweet dat ek en my ma, ma en dogter moes wees, "besties". Ek en my ma het ñ baie hegte band en is eintlik meer soos vriendinne. Ons het al hardop saam uit ons mae uit gelag (dat ñ vreemde tannie in Ocean Basket sê "kyk hoe lekker lag die twee"), ons het al saam gehuil, saam gebid en mekaar se stukkies opgetel en weer aanmekaar geplak as die lewe ons verwoes het. My ma is die een persoon wat net nog altyd daar was as die res van die wêreld verdwyn het. Na elke liefdesteleurstelling of moeilike dag by die werk, kon my ma se drukkies en sagte woorde als weer beter maak. Ek het geweet dat my ma my ook net so nodig het soos ek vir haar, toe sy en my pa uitmekaar uit is. My ma was soos ñ verlepte blommetjie wat selfs haar kleur verloor het. So het ek ook probeer om daar te wees vir haar en haar weer water gegee sodat sy kan blom. Vandag kyk ek na my ma en ek sien ñ vrou wat weer straal. ñ Vrou wat tenspyte van die seer wat mense vir haar veroorsaak het,hulle vrygespreek het en vir hulle bid, en vir my is daar geen mooier voorbeeld as dit nie. Ons is werklik geseënd om mekaar en die hegte band te kan hê.
Antwoord 2: Daar het ñ tyd gekom na Covid waar die finansiële druk te veel was wat een van ons kon hanteer. Dit was een van die moeilikste tye wat ons albei moes deurmaak. Ons het nog nooit van te vore so hard gebid en saam gehuil soos daardie tyd nie. Vandag kan ons getuig dat ons ñ lewende God aanbid. Ons kyk nou terug en sien hoe Sy Hand nie toe is vir Sy kinders nie, en Hy deel graag seëninge uit aan die wat gehoorsaam is en volhard in gebed.
Antwoord 3: Eerstens sal ons sê respekteer mekaar. Om mekaar te respekteer is baie belangrik. Of dit nou is oor hoe jul met mekaar praat of deur nie in te meng in die ander een se verhouding/huwelik nie, respek is ñ "big deal" As jul baklei, sê jammer. Moet nooit voel dit kan net gelos word nie, wees die minste en sê jammer. Bid vir mekaar. Dit is nodig dat jul vir mekaar sal bid, vir beskerming, geluk, gesondheid en dat watokal jou ma of dogter meer struikel, dat hul gehelp sal word daarmee. Lag saam. Stuur vir mekaar snaakse videos aan of watokal dit vat, maar lag net saam. Huil saam Ons is almal mens en boonop nog vrouens ook, en ons almal weet mos hoe emosioneel ons soms kan raak, selfs oor die kleinste goedjies. Maar ja, huil saam, of dit nou is oor ñ hartseer fliek of iets groter soos ñ egskeiding, of selfs iets mooi soos ñ troudag of geboorte van ñ pienkvoet. Deel saam in die oomblik