
Dorp: Cape Town
Antwoord 1: Ons is nie net ma-en-dogter nie, maar ook mede eienaars van 'n besigheid. Ons is bevoorreg om mekaar elke dag te kan sien, meer tyd saam te hê, en mekaar te sien groei in 'n professionele omgewing. Dit het ons verhouding en vertroue in mekaar sterker gemaak en ons het 'n baie spesiale band. Alhoewel ons persoonlikhede baie verskillend is, vind ons altyd 'n middeweg en vul mekaar mooi aan.
Antwoord 2: 2025 was vir beide van ons 'n bitter moeilike jaar gewees. My pa was gediagnoseer met 'n aggressiewe kanker en is in Januarie oorlede. Ons was altyd 'n baie gehegte gesin, en dit was 'n groot skok en aanpassing vir ons albei. My pa was ook mede eienaar van ons familie besigheid, en ons moes tussen die rou seker maak die besigheid kan voortbestaan. Alhoewel dit 'n stresvolle en moeilike tyd was het ons mekaar bygestaan. Ek is 6 weke na my pa oorlede is getroud, en my ma het ingestaan en my in die kerk ingeneem. Ons ondersteun mekaar in die moeilike tye, en dit maak ons verhouding sterker.
Antwoord 3: Wees daar vir mekaar, nie net wanneer dit goed gaan en maklik is nie, maar juis in die tye wanneer dit moeilik is. Kommunikeer met mekaar, luister en verstaan. En bo alles, wees lief vir mekaar. Daar is niks sterker as die onvoorwaardelike liefde tussen 'n ma en dogter nie.