
Dorp: Kimberley
Antwoord 1: Wat ons verhouding spesiaal maak is hoe ons elke dag met mekaar praat, asof ons harte mekaar outomaties soek. Dis hoe ons dieselfde klere en Kersfees-uitrustings kies — al is ons style verskillend, pas ons altyd perfek by mekaar. Ons deel nie net klerekaste nie… ons deel gewoontes, grappies, geheimpies en ’n band wat so natuurlik voel soos asemhaal. Ons is werklik beste vriendinne, no judgement net BAIE liefde,respek en ‘n verstaanverhouding.
Antwoord 2: Ons het laasjaar deur ‘n baie moeilike tyd gegaan, my ma moes ‘n baie harde, pynvolle en emosionele pad stap en het gesukkel met depressie, en alhoewel dit ‘n “rollercoaster” was en ek as dogter nie altyd geweet het hoe om dit te hanteer nie, het sy daardie pad deurgesien en deurgedruk tot waar sy vandag weer kan lag en die lewe geniet, dit het ons sterkter gemaak , want sy moes ‘n ander kant van haarself vir ons gewys het ‘n rou, persoonlike kant en ek as dogter moes ‘n nuwe weergawe leer ken het van my ma, haar as mens , nie my ma nie , en dit het net gemaak dat ons mekaar op ‘n dieper vlak leer ken en nuwe respek vir mekaar ontwikkel. Ek dink hierdie kompetisie kom op die PERFEKTE tyd, sodat my ma weer soos die pragtige mens wat sy is ten volle kan voel en sien en om hierdie moeilike hoofstuk wat sy en ons hele gesin deur gemaak het af te sluit in die mooiste manier.
Antwoord 3: ń Ma en dogter is nie net familie nie — hulle is twee harte wat mekaar altyd vind. Wanneer ’n ma en dogter praat, bou hulle ’n taal van liefde wat net hulle verstaan. Die mooiste tradisies begin wanneer ’n ma en dogter net hulleself saam kan wees. Jy hoef nie dieselfde te wees om by mekaar te pas nie — liefde doen dit vir julle. Elke dag se klein gesprekke word eendag die herinneringe wat jou hart warm hou. ń Ma en dogter se band is nie perfek nie… maar dit is altyd kosbaar.