Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Jeamé Greyling Greyling

Jeamé Greyling Greyling

Dorp: Windhoek

Antwoord 1: Ek en my moeder het 'n buitegwone band gevorm in 2017 waar my ma vir my een van haar twee niere kon geskenk het. Alhoewel ek en my ma nog altyd baie na aan mekaar was, soos my pa altyd gesê het, "die naelstring was nooit geknip nie", kon sy vir my 'n nuwe kaans op 'n normale lewe gee 8 jaar terug. Vandag neem ek ek elke dag as 'n seëning en geen verhouding word ligtelik opgeneem nie. Die lewe is té kort en môre is nie 'n waarborg nie. Alhoewel ons altwee vaste werke het, deel ons ook die passie vir blomme deur dit uit te leef deur ons 2 blomme winkels in die dorp. Ons geniet dit om saam te werk en geniet dit verskrikluk baie.

Antwoord 2: Van 'n jong ouderdom af was ek baie siek gewees. Die dokters het toe ek 5 was vir my ma en pa gesê dat ek nie die ouderdom van 10 gaan maak nie. Na 'n onophoudelike soektog deur my skool jare het 'n professor in Parktown, Johannesburg, die antwoord gekry en ek kon 'n nier oorplanting kry. Die beste nuus was dat my ma 'n 100% match was. Ons het daardie tyd in Windhoek al gebly (my ma en pa het van Boksburg af getrek) en dit was 'n groot gesukkel om alles reg te kry van Namibië af. Ek was gelukkig al besig met my studies in Potchefstroom en kon makliker by die mediese toetse uitkom. My ma en pa se huwelik was toe al 'n rukkie op die rotse, maar altwee was nogsteeds baie behulpsaam met die prosess. Die proses van kleins af was rêrig 'n ongelooflike pad wat ek en my ma moes stap. Vandag nog vier ons elke November my nuwe nier se verjaarsdag. Die lewe is só kosbaar en ek sal virewig dankbaar wees dat my ma nie twee keer getwyfel het om haar nier vir my te gee nie. Wat 'n ma vir haar dogter sal doen verstaan ek vandag. Alhoewel ek nooit kinders gaan hê nie, was die pad wat ek en my ma saam kon stap alles en meer waarvokr ek ooit kon vra.

Antwoord 3: Maak tyd vir mekaar. Ons almal is besig, maar dit is nodig om bymekaar uit te kom. My en my ma se geheim is om melaar te bel elke dag terwyl ons werk toe ry. In plaas van om radio te luister, praat ek met my ma. Ons check-in bymekaar en praat oor ons besigheid. Dit is kosbare tyd.