
Dorp: Ermelo
Antwoord 1: My ma is my alles-in-een. Ons verhouding is die veiligste plek om 100% myself in te kan wees. Van naweke alleen weg as 'n klein dogtertjie na volwasse vrou wees gesprekke en nou om haar as ouma te beleef maak my hart smelt in hart-koesterende oomblikke. Sy het haar ma verloor toe sy 21 was en ek eer haar vir die feit dat sy deur alles steeds so ongelooflikke ma vir my kon wees en uit haar seer uit haar beste steeds kon gee. Sy was by elke wedstryd, kompetisie en alles anders en steeds het die huis bly funksioneer, my boeties het ook al haar aandag gekry en haar huwelik het steeds geblom. Sys my vangnet, my grootste ondersteuner en my hartsvriendin. Ek wens regtig dat sy my en my liefde ervaar soos ek haar kon ervaar in die 32 jaar. Ek hoop om al haar mooi te kan wees vir my dogter en dat ons ook so ongelooflikke verhouding kan hê soos ek en my ma.
Antwoord 2: Ons is al deur so baie met haar Epilepsie, ander kroniese siektes en die dood van haar suster 3 jaar terug (aan Covid)wat so groot deel van haar was, het ons sterk band gevorm. My swangerskap was ook 'n bitter groot skok en sy was daar deur elke doktersafspraak, pyn, onseker oomblik, huilsessie en ook die mooi van dit alles. Ons verhouding het deur alles net versterk en vandag is ons beste vriendinne wat mekaar se belange altyd eerste sal stel.
Antwoord 3: Aanvaar dat mens groei en verander deur die lewe se seisoene en onthou sy as 'n ma het foute gemaak en jy as kind het ook foute gemaak, vergewe en bou uit verfignis uit 'n sterker band. Besef jy het net 'n beperkte tyd saam, so koester elke oomblik en hardloop weg van iemand wat jou tyd saam met mekaar steel. Ons het ook geleer dat mens moet PRAAT, en ma en dogter moet kritiek kan vat en gee solank dit net uit liefde uit bly.