
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ons is nie net Ma en dogter nie! Ons is als vir mekaar! Saam koffiedrink en gesels en luister na mekaar se harte, stil oomblikke net langs mekaar sit, grappe en baie lag en huil, bederfies en hulp. Self in die min oomblikke wat ons vies is vir mekaar of dalk bietjie irreteerd voel - is dit met respek en omgeehart. ons is vriendinne wat mekaar se gedagtes soms kan lees en mekaar se sinne kan klaar maak. Ons is beste maats.
Antwoord 2: Ons het altyd goeie tye saam... selfs in swaar tye het ons goeie tye! Mamma het my geleer van kleins af soek altyd die mooi en nou dat ek volwasse is lewe ek dit saam met haar! MAAR In Januarie het ons vir Quinton verloor. Mamma se seun, my boetie... groot deel van ons albei se kompas. Soms het ons nie woorde nie... ons begin net saam huil en verlang. Soms praat ons uit een mond oor ons verlies. En dan ander keer lag ons saam oor sy sêgoed en herrineringe... ons het geleer dat al is ons hoe naby mekaar het ons albei ons eie seer en ons albei het ons eie manier om te rou en dis okay... ons sou ook glad nie hierdeur kom sonder mekaar nie. Ons is nader as OOIT!
Antwoord 3: "Embrace" mekaar se uniekheid! Koester dit wat jou mamma laat uitstaan bo ander ma's en dit wat jou dogter mooier maak as ander dogters. Aanvaar mekaar net soos sy is!