Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elmarie Sullwald

Elmarie Sullwald

Dorp: Ogies

Antwoord 1: Monique is nie my eie dotter, sy is my skoondogter. Ons het n verhouding soos Ma en dogter. Sy het my ten volle deel gemaak van haar lewe, onvoorwaardelik aanvaar en ek vir haar. Ons woon op diesel die plaas en is daar vir mekaar wanneer nodig. Ons ondersteun mekaar. Dit is vir my Baie spesiaal en uitsonderlik.

Antwoord 2: Ons het saam gereis na Frankryk en heerlike ervaringe beleef, ons het heerlike tye sommer net by die huis, waar ons kuier, lag en gesels en ook trance deel. Met my kleindogter se geboorte was daar komplikasies en ons almal het saam gestaan vir ondersteuning deur daardie tyd. Ons kleindogter was ook verskeie kere in die hospitaal in haar eerste 2 jaar en ons het saam gespan om dit makliker te maak vir almal. Ons beste en slegte tye wat ons belief gaan gepaard met eerlikheid, respek, vetroue maar bo alles liefde vir mekaar.

Antwoord 3: Ons raad is eenvoudig, neem elke dag die besluit om die beste in mekaar raak te sien. Respekteer mekaar, dit bou vertroue. Praat probleme so gou as moontlike uit en los dit in die verlede. Jy hoef nie bloed familie te wees om die beste verhouding met jou dogter te kan beleef nie.