Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Karen Duminy

Karen Duminy

Dorp: Kaapstad

Antwoord 1: Ons kan saam lag,saam huil, verskil van mekaar maar nogsteeds mekaar se standpunt respikteer. Ons is lekker kuier maats en gaan drink gereeld koffie saam. Ons help mekaar groei en ondersteun mekaar in alles wat elk van ons aanpak. Ons is ewe mal oor Kersfees en elkejaar word daar kersmusiek aangesit , lekker eetgoedjies uitgesit en dan versier ons twee my huis. Dit is elke jaar baie spesiaal.

Antwoord 2: My suster is gedurende covid oorlede en ñ rukkie daarna is my dogter en haar kêrel van 4 jaar uitmekaar uit. Ons het ñ stil plekkie bespreek en is vir n naweek saam weg. Ons het daardie naweek saam gehuil oor ons altwee se verlies. Ons het saam gesit en brei en mekaar getroos en in d8e oggend saam die nuwe dag gegroet en die pragtige sonsopkoms saam waardeer.

Antwoord 3: Dit is belangrik om van kleins af ñ goeie oop verhouding met mekaar te hê waarin gesprekke kan plaasvind sonder oordeel. Wees geduldig met mekaar, ons is elkeen ons eie mens met ons eie geite. Groei saam. Waardeer mekaar.