Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elize Bester

Elize Bester

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek en Chantél het van geboorte af 'n baie spesiale band. Haar "cot" was direk langs my bed gewees en ek onthou baie goed hoe sy in die nagte saggies gekreun het langs my bed ( sy en haar tweelingboetie was premmietjies gewees ( 32 weke)...en dan het ek haar opgetel in die nag as sy so gekreun het....en haar op my bors laat slaap....eers dan het sy opgehou kreun. Sy was 2 weke in icu gewees....ek onthou dit so "vividly" die eerste keer toe hulle my op my bed uitgestoot het NICU toe....en ek vir die eerste keer my oë gelê het op hierdie pragtige klein fyn bruin lyfie....die ICU susters het vir my gesê dis die mooiste baba wat hulle nog ooit in hulle lewens gesien het, en ek gaan nog eendag daar kom, dan het hulle haar "gesteel" vir hulleself!! Hulle was ook versot op haar gewees! Ek onthou die eerste keer toe sy begin kruip het en sy het net al hoe mooier en mooier geword hoe groter sy begin word het. Vandag het sy onwikkel in hierdie sterk Christen pragtige jong dame met hierdie sterk, ONWRIKBARE geloof. Ek is so so trots op haar....sy is 'n CA vandag!! En dien die Here voluit!

Antwoord 2: Ek, Elize Bester, wat die mamma is, en mamma van 'n tweeling, Divan en Chantél, is deur 'n egskeiding 5 jaar gelede. Dit was einde 2019 toe my tweeling in matriek was. Ek het toe alreeds vir 'n jaar by Chantél ( in haar matriekjaar) saam met haar in haar dubbelbed in die aande geslaap. Sy was my steunpilaar deur die hele egskeidingsproses. Sy het my moed ingepraat en my laat aanhou glo in hoop en dat Abba uitkoms sal gee en my deurentyd herinner dat Abba altyd vir my sal sorg en my nooit nooit alleen sal los nie. Ons twee het baie saam gebid. Ek het - nadat ek en die twee kinders in 2020 uit die huis uit is - van Krugersdorp af Pretoria toe verhuis om nader aan Chantél te wees. Sy het toe in Pretoria in 'n woonstel ingetrek en by Tuks geswot. Haar eerste jaar was maar baie "lonely" gewees agv "hard lockdown" en sy moes vir 9 maande "online" studeer. Ek het haar bygestaan in die moeilike tyd en die aanpassing. Sy het in haar 3de jaar haar droomman ontmoet en aan die einde van haar Honneursjaar getrou. Ek het haar baie gehelp met die troureëlings omrede sy maar baie ure moes swot in daardie jaar. Op haar troudag by die onthaal, het sy met haar "bouquet tossing" besluit om nie haar bruidsruiker vir die ongetroudes vroulike gaste te gooi nie, maar my aangenaam verras deur in haar toespraak te sê dat sy vanaand haar handruiker vir haar ma gaan gee, om vir my dankie te sê vir ALLES wat ek al vir haar in haar lewe gedoen het. Sy bederf my altyd op my verjaarsdag met spesiale geskenkies en briefies wat sê ek is die sterkste vrou op aarde wat sy ken. Vir my persoonlik is Chantél die absolute toonbeeld van 'n Spreuke 31-Vrou. Ek kan nie wag om ouma van hulle kinders te word nie. Dit gaan net so absolute wonderwerk wees. Sy is 'n "VIRTUOUS WOMAN" en leef VOLUIT vir Abba! En haar man is Godvresend en dra haar op sy hande. Hy is 'n "Mighty man of valor"!!

Antwoord 3: My raad is VERTROUE en KOMMUNIKASIE EN NOOIT JOU KIND AF TE KRAAK VOOR ANDER MENSE NIE! En om ALTYD eerlik met jou kind te wees. Hulle wil eerder die waarheid uit jou mond uit hoor. Al is dit hoe moeilik om soms vir hulle die waarheid te vertel en te vertel van dom foute wat jy uit onkunde gemaak het, maar hulle is eerder agter daai eerlikheid aan as wat hulle leuens uit jou mond uit wil hoor. Wees altyd "transparant" ! Dis wie hulle graag wil sien en ken. Hulle haat dit as 'n ma vir hulle jok. Want as jou ma vir jou jok, breek dit ook hulle "trust" in ander mense met wie hulle te doen kry die res van hulle lewens.