Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Erika Denysschen

Erika Denysschen

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek en Anjonè is baie meer as net ma en dogter, ja sy is werklik ook my beste vriendin. Sy is die jongste van 3 kinders, en die enigste dogter. Ten spyte daarvan dat sy tussen 2 broers grootgeword het, is sy steeds 'n fynbesnaarde, pragtige jong vrou wat nie skroom om haar saak te stel of haar opinie bekend te maak nie. Ek en Anjonè het van kleins af 'n hegte band en deel ons alles met mekaar. In goeie en slegte tye ondersteun ons mekaar. Ons beide se liefde vir ballet, poësie, musiek, blomme, diere en sommer nog baie mooi dinge maak ons onafskeidbaar. Anjonè het begin ballet neem toe sy net 3 jaar oud was. Dit was 'n besondere voorreg vir my om haar dans-reis elke tree saam met haar te neem tot op hede waar sy met haar ballet dansafrigters eksamen besig is. Toe sy 9 jaar oud was, het ek ook weer begin dans omdat ek die liefde daarvoor saam met haar wou uitleef. Ons het saam Moderne dans, Spaanse dans en Tap beoefen. Sy was meer van 'n mentor vir my wat gereeld by die huis moes help dat Mamma die danspassies onthou voor volgende week se klas. Anjonè is vir my die toonbeeld van 'n sterk, jong vrou na wie jonger dogters kan opkyk en sy stel daagliks 'n navolgenswaardige voorbeeld aan elke jong vrou.

Antwoord 2: Ek en Anjonè is al deur diep waters saam. Toe sy net 5 weke oud was moes sy skielik 'n "reflux" operasie ondergaan. Dit was verskriklik vir my en my man om daardie klein lyfie by die teater te sien ingaan. Ons het 'n wonderlike pediater gehad en die oprasie was 'n sukses. Ek het in die hospitaal oorgeslaap terwyl sy 3 dae in die intensiewe sorg was. Anjonè het ook tydens haar graad 10 jaar 'n ernstige rugbesering opgedoen en was bedlêend. Sy het soveel pyn gehad dat sy nie kon opstaan nie. Dit was net gebed en die Here se genesende krag wat haar uit daardie bed laat opstaan het en 'n wonderwerk dat sy daardie jaar weer in haar skool se dansproduksie kon optree.

Antwoord 3: Bou van jongs af aan jou en jou dogter se verhouding, doen dinge saam, pak nuwe dinge saam aan. Leer saam en groei saam, hê wedersydse respek vir mekaar en verdra mekaar se tekortkominge.