
Dorp: Robertson Wes Kaap
Antwoord 1: Behalwe dat ons Almagtige Vader die heel beste mamma vir my gegee het..."en ook die heel heel beste dogter vir my"... Het ons twee maar net van die begin af n baie kosbare en naby verhouding. Soos, baie Ma's en dogters wel sê, is ons beste vriendinne ma en dogter, "partners in crime" bondgenote ens....maar leef ons ook konstant die geregte " I've got your back"
Antwoord 2: Die dinge waar deur ons saam is, in ons geval meestal gesondheids kwessies... asook die verliese, moeilike tye en seer wat ons gedeel het ...het ons verhouding nie net nog meer versterk nie maar ons ook net nog nader aan mekaar gebring. Vanaf 2000 tot 2010 het ek (Gerda) konstant geleef met n seldsame en ernstige long siekte wat n groot inpak op nie net my gesondheid, liggaamlike welstand en daaglikse lewe gehad het nie maar ook op die naaste aan my. In 2012 is Tasha gediagnoseer met n massiewe brein gewas , het sy n groot en ernstige operasie ondergaan asook intensiewe bestraling en n soms ingewikkelde pad na herstel. Iets wat wel konstant sigbaar was en is in beide van ons se lewens verhaal, is die feit dat God ons Vader nie net ons lewens gespaar he nie, maar in alle opsigte die enigste en konstante antwoord is. Die feit dat ons soveel as moontlik getuienis is kan lewer oor wat ons beleef het en dat ons vandag vol en gelukkige lewens ly as gevolg van God, is n voorreg.
Antwoord 3: Kommunikeer! Kommunikasie is baie belangrik. Gesels met mekaar en laat die ander persoon verstaan wat of hoe jy dinge ervaar. Julle is ma en dogter, dalk soos susters omdat julle so n noue band het....maar steeds elkeen haar eie mens op haar eie individuele reis. Respekteer mekaar. Ondersteun mekaar. Bid voortdurend vir mekaar en ook belangrik, waardeer elke kosbare oomblik wat julle saam kan spandeer....gesels, lag , huil , wees jou unieke self . Deel en ervaar mooi herinneringe wat jy altyd in jou hart kan koester .