Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Bianca Hibbert

Bianca Hibbert

Dorp: Kaapstad

Antwoord 1: Met n skatkis vol vriendinne, kan ek myself net nie keer om die foon op te tel en my ma altyd eerste te bel nie. Of dit nou goeie nuus of trane is nie. Nooit meer as drie luie nie. Sy is net daar. Sy is my veilige hawe, en ek glo ek is hare ook. Ons persoonlikhede verskil dag en nag, sy kan kook soos die regte plattelandse meisie wat sy is, en ek…besoek tannie Woolies elke dag en staar na die rakke vir aandete, sy is admin en spreadsheet en ek dagdroom en teken prentjies in vergaderings. En dus al okay, want ons harte is in sync met mekaar, sy weet presies wat is fout al sê ek niks. Om saam te kan lag en saam te kan huil is voorwaarlik n perfekte verhouding.

Antwoord 2: My ma is n jaar gelede dediagnoseer met borskanker, die nuus het my verpletter, my ma het gelyk asof die nuus haar nie pla nie… ek dink partykeer dit het my dalk meer gepla… Tyd het aangestap, en behandeling het begin, altyd as jy haar vra hoe voel sy, nee sy is okay. Flip hoe is dit moontlik. Sy vra my om saam met haar te kom om haar hare te gaan afskeer. Daardie dag was asof realiteit ingeskop het. My maag draai, trane lê vlak. My ma is werklik n WARRIOR , sy het gelag en gesmile deur alles. Ek het besef dat sy die sterkste mens is wat ek ken, haar positiewe uitkyk op ALLES, die manier hoe sy haarself gedra het deur alles, is niks minder as ongelooflik nie. Saam het ons Chemo sessies gehad, onkoloog in en uit, die een klok na die ander gelui, hand aan hand. En vandag is sy totaal geheel. Ek besef nou na alles dat sy gekies het om die ding te fight, en niks het in haar pad gestaan nie. En tot vandag toe, het my perspektief oor die lewe verander, omdat my ma is werklike warrior is. Dankie mamma.

Antwoord 3: Nie alle ma’s en dogters het perfekte verhoudings nie, ons is werklik geseënd om te kan sê dat ons mekaar elke dag kies en onvoorwaarklik lief is vir mekaar. Elke verhouding mag dit vriendskap, man en vrou of ma en dogter wees, verhoudings het daaglikse werk nodig, ons maak tyd vir mekaar, ons luister met oorvloed en gesels soos tannie hilda van 7de laan. Vir ons kom dit maklik, die verhouding met jou ma is altyd die werk die moeite werd, want die Liefde wat uit haar hart straal is onvoorwaarlik baie. My wens is dat elke ma en dogter n verhouding kan he, waar hulle kan openlik met mekaar gesels, lag en huil. Dit is ongelooflik spesiaal.