Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Michelle Van Rhyn

Michelle Van Rhyn

Dorp: Zeerust

Antwoord 1: Sjoe hoe som mens iets so spesiaal op in net 500 woorde... Heel eerste is sy 'n geskenk van bo wat Hy my gekies het om haar mamma te wees. Ons is 'n gesin van 5 en toe word ons 6 (My dogter is getroud laas jaar 15 Februarie) Maar sy is die enigste dogtertjie en die oudste van my drie kinders. Sy en haar man woon oorsee maar kom elke Desember terug Suid Afrika toe en die tydjies wat ons nou saam het is so kosbaar want tyd staan vir niemand stil nie. Ons weet nie wat hou more vir ons in nie so elke oomblik saam met haar is spesiaal en kosbaar!

Antwoord 2: Ek dink elke dag met sy dinge is 'n uitdaging vir almal en veral as jou dogter en jy baie dieselfde is dan kan mens soms menigsverskille hê. Ek self doen grimering in my vrye tyd as skoonheids terapeut en grimeerkunstenaar. En tye soos 'n matriek afskeid wat 'n baie spesiale geleentheid is weet 'n ma net dis 'n tyd wat jy nie kan bekostig om haakplekke te he of meningsverskille nie. Ek het besluit vir haar matriek afskeid gaan ek nie self haar grimering doen nie want dit sal dalk net katastrofies wees as sy nie tevrede is nie en kan dan ontaard dat mens ongelukkigheid het vir die dag en dan kan mens dit sien op die fotos wat vir ewig vasgevang word. Syhet haar grimering laat doen by ander kunstenaar en soos ek verwag het was sy nie 100% tevrede nie. Maar toe was mamma daar vir die rescue... Ek dink 'n mamma hart verstaan net en weet (soms) van beter. Ek spot altyd met my kinders as ek vir hulle sê dat ek weet van die of daardie. Dan wil hulle altyd weet maar hoe weet mamma daarvan of hoe het mamma uitgevind dan sê ek: 'n Mamma weet alles...hehehehe

Antwoord 3: EK glo mens moet jou kinders grootmaak in die teenwoordigheid van God en dat hulle moet weet dat ons as mammas ALTYD daar is vir jou kind. Maak nie saak wat gebeur nie. Hulle moet vertroue in jou he om die vrymoedigheid te kan he om alles met jou te kan deel. Om as hulle by 'n kuierplek was en voel hulle is nie in staat omte kan huis toe ry nie of nie veilig voel om saam iemand anders te ry nie om jou te kan bel 2 of 4 uur in die oggend en jy sal jou japon aantrek en hulle gaan haal. As jou verhouding oop en eerlik is met vertroue kan dit net goed wees vir albei.