
Dorp: Mbombela
Antwoord 1: Monique se bynaam is ‘Bokkie’. Ons storie is een van ‘deel’. Ons deel met mekaar lewenswysheid, lewenslesse, modewenke, velsorg en oefenwenke…. Resepte ag daar is nie regtig ‘n onderwerp wat ons nie oor praat of bereid is om te deel nie. Ek het gevind dat hierdie ‘deel’ my n ryker mens maak. Monique het drie kindertjies en ons klankbord dikwels …. Want ons wil graag die drietjies grootmaak binne God se Wil. Ons twee se beroepe verskil ek die juffrou Monique die ouditeur…. Maar tussen die klaskamer en syfers kan ons mekaar altyd die beste raad gee…. Ons is daar vir mekaar!
Antwoord 2: Ons het my man en Monique se Pa verloor aan selfdood. Hy was ‘n uiters suksesvolle besigheidsman maar daar is die skade van die verlede veral die Taakmag wat in die ou Suid-Afrika geveg het. Die trauma van die verlies het diep gesny maar ons altwee besef nou die waarde van ‘n gebalanseerde gelukkige lewe. Ons altwee baklei hard vir mense in nood en probeer in ons gemeenskap mense rondom ons se laste verlig en maak dikwels saam planne en gee mekaar raad oor hoe ons kan help… die seer sal altyd bly maar dit het ons geleer om waarde toe te voeg waar ons kan
Antwoord 3: Wees altyd oop en eerlik met mekaar….. koester die saamwees tye…. Gee mekaar spasie wanneer dit nodig is….. gee mekaar hoop in ‘n wêreld met woeste eise….. maak jou deure en hart oop vir mekaar. Lag baie saam….. vir mekaar….. vir die lewe. Moenie moedswillig wees as julle verskil nie gee mekaar die ruimte om af te koel….. en stel die Here eerste in julle verhouding…. Soek allereers die koningkryk van God en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word…..