
Dorp: Carletonville Gauteng
Antwoord 1: Ek weet almal begin seker met my ma is my beste vriendin!!! Wel definitief is dit hoe ek my en my ma se spesiale verhouding kan beskryf! My ma is my heel beste vriendin sonder enige voorwaardes! Sy is n ongelooflike sterk vrou wat al deur so baie in haar lewe is, maar steeds hou sy haar kop hoog!! Ons lag tot ons huil en huil tot ons lag maar saam is onafskeibaar!!! Sy is my held, my mentor, my berader en kyk sy kan my heel goed op my plek sit ook! Ek kan nie n lewe sonder haar in dink nie sys al wat ek oor het en ons bly naby, werk saam, ry saam en het n band wat geen mens kan breek nie! God het my geseën met n engel van n ma met die sterkste uithou vermoë en moed!!! Eks so dankbaar vir haar!!!
Antwoord 2: Ons gesin is deur n baie moeilike tyd van af 2014 toe my pa gediagnoseer was met kanker. Ons was altyd n baie "family oriented " gesin wat n bitter sterk band gehad het en ons het als saam aangevat. My ma was die mandjie wat alles by mekaar probeer hou en als wat uit mekaar uit val weer sou vang en heel maak. Sy was my pa se 24/7 versorger toe hy bitterlik siek geraak het presies die tyd in 2016. My broer en sy vrou het in daai tyd in Pretoria gebly en het so gereeld as moontlik kom help, ek was op daai stadium n student wat deeltyd gestudeer en gewerk het agv fondse wat nie beskikbaar was vir verdere studies nie toe kry ek n beurs deur my laerskool en n assistent pos! Met al die stress en bekommernis het ek toe ook siek geword met Bells Paralysis en kort daarna Gordelroos. En my ma wat al klaar 3 keer n week my pa chemo toe mos ry in Krugersdorp en 2 keer n week Roodepoort toe moes gaan vir bestraling het sy vir my ook voorsien en gehelp al was haar hande reeds vol met my pa!!! Sy is n yster vrou wat deur diepe, donker tye was en STEEDS, daagliks met n helse bree glimlag, vriendelike en n omgee hart rond loop !!!! My ma is nou reeds self nie te gesond nie en ek wil ELKE LIEWE OOMBLIK saam my ma celebrate asof dit die laaste is! Sy is altyd daar vir my, en as ek net n gedeelte van die juweel, pragmens binne en buite kan wees het ek my ultimate doel in die lewe beruik!!♡
Antwoord 3: Wees dankbaar elke dag dat die Here julle vir mekaar nog spaar!!! Lag tot julle maag pyn, huil toe julle tissues op is en waardeur en embrace net elke oomblik saam!! Maak seker om elke oomblik vas te vang en neem fotos van elke memory saam af!!! Bid vir mekaar, respekteer mekaar en wees lief al raak julle kwaad in die kombuis saam, onthou die appel val nie ver van die boom nie....