
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Vandat ek gebore is, is my ma is al daar vir my. Ons het deur al die fases van grootword gegaan, maar deur dit was my ma nog altyd daar vir my. Ek móét haar bel en wys as my groentetuin suksesvol begin groei en groente lewer. Ek dink eerste aan my ma wanneer daar 'n mooi blom in my tuin opkom, veral as dit 'n lelie is, want mamma is gek oor lelies. Ma het my geleer om kos te maak en te bak, daarom is sy nou nog my toets proe persoon as ek iets nuut probeer. Ma het my ook leer naaldwerk doen en eintlik leer sy my vandag nog nuwe truuks. Wanneer iets in die lewe verkeerd gaan en ek hartseer is, is daar niemand anders op wie se skouwer ek huil en wie ek vertrou vir raad nie. Ma het my ook geleer hoe om in myself te glo, en ek dink dis hoekom ek so hard gewerk het om my studies te voltooi het. En sy het my geleer om op my eie voete te staan, daarom werk ek ook hard om haar trots te maak op die lewe wat ek vir myself skep (met haar insette natuurlik). Bo alles het ma my geleer van God vandat ek kan onthou, toe ons nog uit die Kinderbybel gelees het. Saam met dit is ek ook my ma se vertroueling. Sy vra ook my raad as sy nie seker is nie (ek dink sy hoop sy het my darem reg geleer :-D), ons werk sommer saam aan ons projekte, en ons kan week na week 'n hond uit 'n bos gesels, sonder om ooit uit asem te raak of uit onderwerpe te raak. My ma is my beste vriendin en 'n baie belangrike mens in my lewe en ek sidder vir die dag wat ek haar nie meer sal kan bel nie en vir haar kan gaan kuier nie. Ek is baie, baie lief vir my ma.
Antwoord 2: Vandat ek op my eie begin bly het, het ek en my ma mekaar gereeld gebel. Op 'n stadium was dit nodig dat my ma haar ouers moes begin help om rond te ry, inkopies te doen en by dokter afsprake uitkom. Dit het my ma geweldig uitgeput, veral ook omdat die res van die familie almal moes werk en nie kon uithelp met die take nie, en ek het ook nie eers naby genoeg gebly om te kon help nie. So het ons elke week gebel, en ek het haar aangemoedig om al die pyne en frustrasies met my te deel, sodat ek weet sy raak van die frustrasies ontslae en kan later weer rustig vir Oupa en Ouma help. 10 jaar gelede is oupa onverwags 'n dag voor my ma se verjaardag oorlede, en ek is so dankbaar dat ek by my ma was en haar kon ondersteun. Sy het baie skuldig gevoel omdat sy so gereeld kwaad en geirriteerd geword het vir oupa. Ek kon haar troos, en herinner dat sy nogsteeds altyd daar was vir oupa en nogsteeds baie lief vir hom was al was die tye bietjie moeiliker. Ek glo dat dit ons verhouding net sterker gemaak het as wat dit reeds was, omdat ons albei net meer en meer besef en onthou dat ons op merkaar kan steun in moeilike tye, maar dat ons ook die goeie tye kan vier. Toe ouma net 'n paar maande ook oorlede is, was ons outomaties net daar vir mekaar, en het ons deur die trane ook, ook onthou van al die goeie en lekker tye saam met oupa en ouma, van voor ek nog in die prentjie was.
Antwoord 3: Net soos alle verhoudings in die lewe, gebeur goeie verhoudings nie net vanself nie. Albei moet altyd onthou dat hulle verskillende mense in die lewe is, al het ma haar dogter geleer. Die dogter het ander ervarings in die lewe en op 'n ander tydstip in die lewe, maar terselfdertyd is die ervarings en wysheid van 'n ma baie waardevol. Beide ma en dogter moet dit respekteer. Maar nog meer belangrik is ook kommunikasie. Ma en dogter moet bereid wees om beide positiewe kommentaar en opbouende kritieke te kan gee en ontvang, sonder om dit in so 'n mate persoonlik op te neem dat dit uiteindelik skade aan die ma-en-dogter verhouding verooksaak. En dan moet albei die nodige moeite doen seker te maak die verhouding hou aan om te groei, maak seker om te gesels, maak seker om te kuier, help mekaar waar dit nodig is, haak ook soms uit, en sê gereeld vir mekaar dat julle lief is vir mekaar. Gouer as wat mens ooit kan verwag of beplan, mag een van julle dalk nie nie meer daar wees nie.