
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ma en Dogter Vinkel en Koljander, die een is soos die ander. Sy is ek, en ek is sy. Dit is ek en my dogter Jonadrie. Ons huil saam, ons lag saam. Ons dra mekaar in moeilike tye en ons vier mekaar se suksesse en geluk. As enkel ouer was daar moeilike tye vir ons, maar saam het ons bo uitgekom, danksy mekaar en ons Hemelse Vader. Jonadrie is my beste vriendin, my confidant en my heldin. Ons vind krag in mekaar se lewens ervaringe en - lesse. Alhoewel sy net 23 is, het sy lewenswysheid wat baie volwasse vroue sal beny. Sy het al soveel bereik in haar kort leeftyd, en haar geloof en sagte hart laat my stom. Ek leer daagliks by haar, en sy by my. Al sien ons deedae baie min van mekaar is ons in hart en siel gebind. Sy bevind haar oral oor die wereld en ek toer saam in haar hart. En nou, waar sy met tye duisende kilometers van my af is, waardeer ek nog meer elke oomblik saam met haar, elke oproep wat begin met “Hello Mamma”, en eindig met “ Lief vir Mamma”. Vinkel en Koljander. Die een is soos die ander. Naomi en Jonadrie. Ma en Dogter.
Antwoord 2: As enkel ouer het ons soms swaar tye moes deurmaak agv net een bron van inkomste. Ons het ook baie verhuis tydens haar laerskool loopbaan. Dit het op 'n tyd sy tol op ons verhouding geeis. Ons het in 2016 Kaap toe verhuis. Sy het daar jet Gr8 begin en voltooi en haar studies aan Isa Carstens kon voltooi. Ons het tydens haar hoerskool loopbaan en universiteits jare ‘n slaapkamer moes deel want ek kon net ‘n tweeslaapkamer huis bekostig en sy het ook ‘n ouer boetie. Ons het in die aande wat sy tuis was,(want sy was in die koshuis tydens skool en universiteit), tot ounag gele en gesels, saam gelag en ook saam gehuil. Dit was deel van die bou blokkies in ons verhouding. Swaarkry en hartseer het ook sy bydrae gelewer tot die gom van ons ma-en-dogter-wees. Dan natuurlik al die mooi in die lewe van liefde en trots en sukses. Ek het haar ondersteun in elke oomblik van haar pad.Sy het op 16 New York toe gegaan vir modelwerk wat sy in 'n model kompetisie gewen het. Ek as enkel ouer het geswoeg en gesweet om al die fondse bymekaar te skrop. Elke oomblik was die moeite werd .En ek weet sy het dit uit haar hart waardeer. Jonadrie het in 2020 ook Sarie se Eerste Nuwe Gesig kompetisie gewen . My hart het nog nooit herstel van daardie dag af nie. Ek was ook daar in elke oomblik. Ek is ongelooflik trots op haar en vier haar elke sukses en geluk. Wat my die meeste trots maak is haar nederigheid en haar geloof in ons Hemelse Vader. En ook as sy met trots na my verwys as die sterkste persoon wat sy ken. So sien, dit is beide, goeie en minder goeie tye wat ons verhouding laat groei het.
Antwoord 3: Elke ma en dogter verhouding is anders. Elke ma en elke dogter is anders.Julle is 2 apparte individue. En die sleutel tot ‘n nabye verhouding met mekaar is om elkeen as individu te respekteer, te leer ken, veral soos die tyd aanstap. Jou eens klein dogtertjie is nou dalk ‘n jong volwasse vrou, en jy moet haar transformasie in jou pragtige vlinder omvou. Jy moet haar leer ken soos sy haarself word en ook haar eie opinies vorm. Julle mag dalk nie saam stem met baie dinge nie, maar deur mekaar lief te he en te ondersteun, in goed en sleg maak die gom wat julle bind net sterker. Gebruik moeilike tye om jul verhouding te bou en die goeie mooi tye om jul verhouding te vier.