Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Heidi Sephton Sephton

Heidi Sephton Sephton

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Heidi: Ons hou van mekaar!! Soveel so dat ons die laaste paar jaar een maal ‘n jaar ‘n ma - dogter 'roadtrip' van ‘n paar dae doen. In die tye skater ons diep uit ons maag, ons is net, sonder om voor te gee, Ons praat diep dinge, en lekker nonsens waaroor ons giggel. Want, as ons nie ma en dogter was nie, en die tyd ons ouderdom gelyk sou vee, sou ons sowaar vriendinne kon wees! Carla: Ons is nie net ma en dogter nie, ons is beste vriendinne ook. Van Taylor Swift vals maar vol passie in die kar skree-sing tot met oë vol trane nostalgies op herrineringe terugkyk, daar is niks van ons verhouding wat nie spesiaal is nie. My hart voel altyd so vol dankbaarheid en vreugde wanneer ek onthou dat ek in my ma nie net ‘n uitmuntende ouer en vriendin het nie, maar waarlik ‘n sielsgenoot ook.

Antwoord 2: Carla was graad 11 toe haar Franskraal ouma maandeliks intensiewe kanker behandeling begin het. Die behandeling het haar afgetakel en so het ek en Carla ‘n paar maal saam die tog van Pretoria na die Kaap aangepak om ons ma / ouma in haar tweede week na bestraling, wanneer sy die siekste gevoel het, te ondersteun. Die tye, as ek terugdink, was baie spesiaal. Saans, het ons 3 ‘girls’om die tafel gesit en kuier en êrens tussen diep gesels, lag en huil het ouma altyd ‘n bederfie uit haar massiewe lekkergoed voorraad opgediep, al het sy self nie die aptyt gehad nie. Vandag is sy weg, maar ons het geleer hoe kosbaar tyd is. Iemand het eenkeer gesê: " Tyd is gratis, maar dis prysloos. Jy kan dit nie besit nie maar jy kan dit gebruik. Jy kan dit nie hou nie maar jy kan dit spandeer. Niemand kan dit van jou wegvat nie maar jy kan dit nooit weer terugkry nie." Vandag besef ons die kosbaarheid om mekaar te he. Om tyd te he. Dit het ons ook geleer om dit te gebruik en om ‘memories’ te maak..en om dit nooit as vanselfsprekend te neem nie. Want nou het ons nog tyd.

Antwoord 3: Heidi: Sjoe die eerste ding wat opkom in my gedagtes is net..Wees lief. Onvoorwaardelik. Ek as ma, het met my eie ma se afsterwe twee jaar gelede die soet en die bitter van my verlies besef...want al is dit wat ek verloor het so groot, is dit ook die nalatenskap van wat ek en Carla vandag in ons diep konneksie met mekaar kan navolg. Vandag, met Carla wat op die drumpel van vlerke sprei staan, lê die wete diep...ons twee se band, en so ook die verhouding tussen 'n ma en dogter, lê baie dieper as die 9 maande van swanger wees, doeke ruil, vakansies, sport wedstryde, lag, huil en soms pleisters plak. My raad, daarom aan mas en dogters is in die wete dat mens moet onthou om te onthou dat julle verhouding 'n ongelooflike geskenk is! Dis iets tasbaars wat mens in jou tyd, gebede en prioriteite bo aan jou lysie moet sit. Dis kosbaar, al is dit nie altyd 'smooth sailing' nie. As ma , maak dit 'n lewensdoel om deur jou liefde, jou vriendskap, jou teregwysings en jou daarwees, jou dogter te help opgroei tot 'n sterk en 'n gelukkige vrou. Een wat weet wie sy is,omdat sy van kleins af altyd gekoester was. En juis daarom , onvoorwaardelik die wete in haar hart sal hê dat jou as ma se deur altyd oop is, jy haar altyd lief sal hê, en dat sy , nes sy is, perfek en genoeg is! So'n verhouding sal blom! Carla: Die 'kriks ' van ons verhouding is vasgevang in die onthou dat dit my en my ma se eerste keer is wat ons die lewe aanpak. Wees empaties en sag met mekaar en wees bewus van die feit dat foute en flaters in enige verhouding onvermydelik is. In plaas daarvan om te mik vir 'n foutlose stry - vry verhouding, mik eerder om mekaar se oogpunt en rede agter aksies te verstaan. My ma is die perfekte voorbeeld hiervan. Sy luister met die doel om te verstaan, eerder as om te kritiseer. 'n Ma - dogter verhouding is soos tandem fietsry: kommunikasie en ondersteuning is noodsaaklik vir sukses. Dit verg aanspreeklikheid n harde werk van beide spanlede.