
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en my ma, Tanya, is letterlike beste vriendinne. Daar is min tot geen goed wat ons nie van mekaar weet nie. Ons praat elke dag oor die foon vir ten minste 20 minute, selfs toe ons in dieselfde dorp gebly het en saam geoefen het in die middae. My ma ken my beter as enige ander persoon. Sy weet dat daar iets fout is of as ek iets weg steek deur net my "hallo" op die ander kant te hoor. My ma is my grootste ondersteuner, maar ook die een wat harde liefde gee wanneer dit nodig is. Daar is niks te Klein of te "embarrassing" wat ons nie met mekaar kan deel nie. Al is ek 'n volwasse, getroude vrou, het ek nog steeds my ma elke dag nodig. My dag voel leeg as ons nie gepraat het nie, al is dit net om hallo te sê.
Antwoord 2: My ma is in 2012 met kanker gediagnoseer. Op daardie stadium het dinge emosioneel moeilik by die huis gegaan. Ek moes as 16-jarige meisie intree vir my ma om na my boetie te kyk. Daar was selfs gesprekke oor waar en en my broer soy moes gaan bly wanneer dinge nie sou uitwerk nie. Die man in die huis op daardie stadium was erger as die siekte. Hy het probeer om die band tussen my en my ma te breek. Wanneer my ma te veel tyd saam my spandeer het, het hy kwaad geword. As my ma vir ons klere gekoop het, moes ons dit skelm in die huis kry sodat hy dit nie sien nie. Self toe my ma siek was, kon hy nie oor my en my boetie worrie nie en my ma moes my inspan om te help. In hierdie tydperk, het ek en my ma saam tot God gedraai en sy het die simbool van die reënboog gekry. Alles het goed uitgewerk en sy is tot vandag toe in remissie. Ek en my ma sal nooit dat iets weer tussen ons kom nie.
Antwoord 3: Wees altyd oop en eerlik met mekaar, oor alles. Jou ma is die persoon wat jou beter as enige iemand ken en wil net die beste vir jou hê. Aanvaar dat nie jy of jou ma perfek is nie, dat albei van julle foute gaan maak, maar dat julle mekaar altyd sal vergewe en probeer verstaan waar die ander een vandaan kom en hoekom hulle voel soos hul voel. Luister na mekaar, nie net om te hoor nie, maar om te verstaan wat gesê word. Maak mekaar deel van julle aparte "journeys", dalk het die een raad wat die ander een kort. En wees net lief vir mekaar. Daar is soveel seer in die wêreld, jy en jou ma kan vir mekaar die seer minder maak.