Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Mizelle Saaiman

Mizelle Saaiman

Dorp: Kaapstad

Antwoord 1: Wat my en my ma se verhouding werklik spesiaal maak, is dat dit meer as net ‘n tipiese ma-en-dogter-verhouding is. Sy is nie net my ma nie; sy is my beste vriendin, my veilige plek, my grootste ondersteuner, en ek hare. Van kleins af het sy my laat voel dat my stem saak maak en dat my gevoelens veilig is sonder oordeel, en op die ouderdom van 26 deel ek steeds alles met my ma. Ons praat elke dag met mekaar, al is dit net vir n paar minute, en maak tyd om mekaar oor naweke te sien. Daardie daaglikse kontak is nie n verpligting nie, maar n behoefte, maar nie saa hoe oud ek is nie, ek sal altyd my ma nodig he. Dit is hoe ons mekaar se lewens deel; die groot oorwinnings, maar ook die klein frustrasies en alles tussenin. Een van ons gunstelling tradisies is ons “girls dates”, elke naweek probeer ons iewers kwaliteit tyd saam spandeer, of dit nou n glasie wyn, n koppie koffie, inkopies of net saam stil wees is. Dis waar ons harte rus en waar ons kan lag tot ons maag seer is. Dit herinner ons aan hoe spesiaal ons verhouding is en dat kwaliteit tyd die fondasie van so n sterk band is. Ons deel ook ‘n passie vir onderwys. Ons is albei in die beroep, en dit gee vir ons ‘n unieke begrip oor mekaar se uitdagings en vreugdes. Ons kan mekaar moed inpraat en stories uitruil wanneer die beroep soms swaar voel. My ma inspireer my, nie net as ma nie, maar as vrou en as onderwyseres. Wat ons verhoudng besonders spesiaal maak is hoe ons saam groei, ek sê altyd, hierdie is ook my ma se eerste keer “to do life”, so mens moet vir mekaar grace hê. Al die the wat ons al gedeel het het ons net soveel nader aan mekaar gebring. Ons koes om elke dag teenwoordig te wees, mekaar lief te hê en te ondersteun, al raak lewe soms besig. Ons verhouding is nie perfek nie, maar dis is eg, liefdevol en opreg, en dis een van die dinge wat ek die meeste koester in die lewe.

Antwoord 2: Een van die mees uitdagende, maar ook vormende tye wat ek en my ma deurgemaak het is toe ons van Johannesburg na Kaapstad toe verhuis het in 2016. Hierdie groot lewens verandering het ons nie net fisies nie, maar ook emosioneel uit ons gemaksone geneem. Vir 40 dae voor die groot trek, moes ek en my ma ‘n gastehuis kamer deel wat geen kombuis gehad het nie, n krakende sleë dubbelbed wat ons moes deel, en ‘n badkamer wat nie eens n deur gehad het nie. Om te sê privaatheid was beperk, is die understatement van die jaar. Emosies was dikwels rou omdat ons my pa en boetie gemis het wat reeds in die kaap was, asook die gewig van onsekeheid vandie verandering, veral omdat dit aan die einde van my graad 11 jaar was en ek Matriek in n nuwe skool moes doen. Daardie tyd was nie maklik nie; daar was dae van fristrasie, hartseer en verlange na wat bekend was. Maar dit was ook n tyd waarin ons mekaar op n nuwe manier leer ken het. Ons het geleer om geduldig te wees, ruimte te gee waar daar min ruimte was, en om mekaar se emosies raak te sien en te respekteer. In daardie klein vertrek het ons groot lesse geleer oor saamstaan, aanpasbaarheid, en onvoorwaardelike ondersteuning. Nog ‘n diep uitdagende tyd was toe ons in 2025 uitgevind het dat my pa kolon kanker gehad het. Daardie nuus het ons wêreld vir ‘n oomblik laat stil staan. Vrees, onsekerheid en hartseer het deel geword van ons daaglikse lewens. In daardie tyd het ek en my ma mekaar se steunpilare geword. Soms was daar nie woorde nie; net hande wat vas hou, trane wat vloei en stil gebedjies. Wat hierdie oomblike besonders maak is hoe ons saam daaruit gegroei het. Ons het nie voorgegee om sterk te wees wanneer ons nie was nie. Ons het eerlik gepraat, saam gebid, saam gehuil en saam gehoop. Dit het ons band verdiep en ons herinner hoe belangrik verhoudings, familie en hoe kosbaar tyd is. Ons het geleer dat ware liefde en n sterk band, nie net in die mooi oomblike wys nie, maar veral in die storms. Vandag kyk ek terug met dankbaarhed vir my pa se gesondheid en hoe hierdie oomblikke my en my ma nader aan mekaar gebring het. Sy is n sterk vrou na wie ek so bae opkyk. Nie sterk omdat sy haar seer wegsteek nie, maar juis omdat sy haar hart op haar mou dra.

Antwoord 3: Ons raad aan ander ma’s en dogters is eenvoudig, maar kragtig: kies mekaar, elke dag. ‘N sterk verhouding gebeur nie vanself nie. Dit word gebou deur tyd, moeite, eerlikheid en liefde. Maak tyd vir mekaar al is die lewe besig. Selfs klein oomblikke van connection kan n groot verskil maak. Kommunikasie is alles. Praat met mekaar, nie net oor die mooi dinge nie, maar die moeilike dinge ook. Luister regtig, om te verataan, nie om onmiddelik raad te gee nie. Soms het mens nie antwoorde nodig nie, net n oop hart en n veilige ruimte. Wees eerlik oor jou gevoelens en moenie bang wees om kwesbaar te wees nie. Dis juis in kwesbaarheid waar ware bande groei. Respek is nog ‘n sleutel. Respekteer mekaar se verskille en fases in die lewe. Ma’s moet onthou dat dogters hulle eie mense word en dogters moet onthou dat ma’s ook leer en groei. Gee mekaar ruimte om te ontwikkel maar bly betrokke. Skep tradisies en spesiale tye saam. Dit hoef nie geld te kos nie; ‘n weeklikse koffie, ‘n daaglikse message, ‘n stappie saam. Hierdie oomblikke word ankers in moeilike tye en herinneringe om te koester. Laastens: wees lief vir mekaar, al is dit soms moeilik. Verhoudings beteken nie perfek wees nie, maar bereid wees om te vergewe, te leer, en weer te probeer. Wanneer ma’s en dogters mekaar as spanmaats sien, en nie vyande nie, word iets besonders geskep, n verhouding was genees, troos en opbou. Ons glo dat n goeie ma-en-dogter-verhouding een van die grootste geskenke in die lewe is. Dis n verhouding wat jou vorm, jou dra, en jou altyd herinner waar jy hoort.