Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Engela en Jeanine Louw

Engela en Jeanine Louw

Dorp: Bloemfontein

Antwoord 1: Van kleins af kon ek en Jeanine mekaar troos, opbeur óf saam dinge vier oor 'n koppie tee. Meestal rooibostee. Dan maak ons harte oop en deel met mekaar. Ek het baie koppies tee aangedra gedurende haar matriek eineksamen! Lag en drukkies kom so maklik vir ons twee, en ons hou daarvan om mekaar goedig te terg! Humor laat selfs wrywing tussen ons gou verdwyn. Jeanine het in my voetspore gevolg en op 11 Des 2025 haar MBChB graad ontvang. Ek kon gereeld moed inpraat en voor toetse laat weet: "Trots op jou, lief jou!". Ons bid graag saam met mekaar en vir mekaar, en ons deel 'n liefde vir die Woord. Ons oudste seun (Ian) is op 21-jarige ouderdom oorlede en ons kon saam huil en vetroosting vind by Jesus. Dit was/is kosbaar om Ian se lewe steeds saam te kan gedenk, veral op spesiale dae soos op sy verjaarsdag. My dogter het 'n baie spesiale plek in hierdie Ma se hart. Ek is trots en gelukkig om te sien hoe sy in 'n pragtige, liefdevolle en selfstandige jong vrou verander het.

Antwoord 2: Jeanine is op 13 Des 2025 in Bloemfontein getroud. Die troureëlings moes dus plaasvind gedurende haar 6e jaar mediese studies wat 'n stresvolle jaar is! Ons woon in Bloemfontein en sy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Dus was die afstand ook 'n uitdaging. Ons het egter so lekker saamgewerk en gedroom oor haar groot dag, dit was 'n voorreg om die reis met haar te kon deel. Ten spyte van 'n besige jaar, het sy haar graad met lof geslaag en was die mooiste bruid!

Antwoord 3: Dit bly 'n groot stuk genade om so 'n besondere Ma-dogter band te kan hê! Met nederige harte kan ons aanbeveel: * Respekteer mekaar en wees te alle tye oop vir mekaar se opinies * Kommunikasie en eerlikheid sal baie misverstande uit die weg ruim * Lag saam, huil saam EN bid saam * Altwee is slegs mense - vergewe mekaar vir foute wat gemaak word. Wees bereid om "jammer" te sê! * Laat mekaar toe om te ontwikkel en jul volle potensiaal te bereik. * Moedig mekaar aan waar nodig, gee kritiek met liefde waar nodig. * "Love never fails" soos die Engelse spreekwoord sê!