
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Claudine & ek is die perfekte weerspieëling . . . Ons verskille is mekaar se grootste komplimemt om die mooiste, mees-opregte ma-dogter verhouding te kan hê. Ons is altyd eerlik, tóg verdraagsaam met mekaar se hartseer, blydskap en tekortkominge - sy is my "strength & joy" en ék is haar grootste bewonderaar. Ons is eerlikwaar geseënd.
Antwoord 2: Ons het ons eie klein tradisies as ma-en-dogter span. Een sulke baie spesiale tradisie is dan ons elke ander jaar die Europese kersmarkte probeer besoek. Ons is altwee nog klein dogtertjie in ons harte, en ons is versot op Kersfees! Hierdie is altyd 'n avontuur, maar as mens jou verhouding wil toets?, dan moet jy saam met iemand na 'n verre land reis. Tussen tasse op die trein verloor, vlugte mis agv ma wat laat is, of selfs net op 'n slegte hotelkamer-kussing slaap maak dit is beslis baie interessant en uitdagend. Maar dit gee ons elke keer die geleentheid om opnuut op te vang oor ons drome, ons bekommernisse, ons "shared joys" en waarvoor ons dankbaar is. Dit laat ons verhouding groei en verdiep.
Antwoord 3: Doen moeite om mekaar gereeld te sien, inderdaad TE SIEN! Begin klein tradisies wat julle nader aan mekaar laat voel - ons het almal iets wat vir ons lekker kan wees om saam te doen. Luister na dít wat rêrig vir die ander een 'n probleem, maar óók 'n oorwinning is. Deel in mekaar se "joy" Die lewe is té kort vir dit om anders te wees!