
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: My ma is my hele wêreld. Daar gaan nie n dag verby wat ons nie praat nie. Sy is my heel beste vriendin. Ek vertel haal elke liewe gehuim en elke skande. Ons oordeel nie mekaar nie, ons aanvaar mekaar nes soos ons is. Ons lag altyd so lekker saam, sy is my heel gunsteling persoon op die aarde. Ek kan nie my lewe sonder my ma sien nie. Ons kan oor enige iets gesels, ons kan enige aktiwiteit saam doen. Saam mekaar is die lewe net luuks.
Antwoord 2: My ma het my gevat na n vroue oggend. Van daardie dag af het ons mekaar anderste gesien as n vrou. Ek het my ma nie gesien as n ma nie maar as n God vreesende vrou. Ons sien mekaar nou heeltemal anderste. Ons het soveel gegroei na daardie dag, en dit het ons nader gebring aan God. Ons het soveel geleer van ons self en van mekaar. Partykeer dink mens jou eie probleem is die grootste dan hoor jy iemand anderste sin dan kan jy nie regtig kla nie. Daardie dag het ons net dankbaarheid en liefde beleef
Antwoord 3: Komunikeer, nie net omrede dit jou ma of dogter is nie. Jy moet mekaar sien as vriendinne. Iemand wat jy op staat kan maak iemand wat jy op se skouer kan huil. Al jou sukses en verloor kan mee deel. Jou ma/dogter moet jou GO-TO persoon wees vir alles. Sonder twyfel kan se dis my mens.