Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marne Nel

Marne Nel

Dorp: Witrivier

Antwoord 1: Ek en my Ma, MartHie, geniet albei die lewe voluit, hard en duidelik: dis hoe ons praat, dis hoe ons lag en dis hoe ons nies! My Ma is my grootste kritikus maar ook komplimenteerder. Sy respekteer my en my maniere en unieke uitdagings en ek respekteer haar, veral in haar grootste uitdaging van weduwee-wees, vanaf Desember 2020. Sy is pragtig en ek is so trots op haar mens-wees, vrou-wees, Ma-wees en bruid van Jesus wees. Sy is 1 in 'n miljoen en sy is my Ma!

Antwoord 2: Op 3 Desember 2020, na 'n aaklige, uitdagende grendeltyd-jaar vir die hele wêreld, het my gesonde Pa 'n massiewe hartaanval gehad. My Ma het met hom hospitaal toe gejaag, waarna hy na 40 minute KPR gestabiliseer is en in ICU opgeneem is. Ons moes hard baklei teen Covid-reëls om kosbare gesels-dae met hom te spandeer. Op 22 Desember, na 'n Gauteng stormnag het ons, uit die bloute, daardie mees gevreesde oproep gekry: my Ma se beste maat van 47jaar+ is weg. Sy rou, sy deel, sy kry swaar... elke dag steeds, maar sy leef steeds voluit en gee om en maak moeite en hê lief. Hierdie swaar tyd het ek net nader aan haar gekom en nog meer leer liefkry en respekteer.

Antwoord 3: Liefde, respek en verstaan gebeur waneer jy tyd maak vir mekaar en kommunikeer: selfs al is jul nie bymekaar nie. Maak tyd vir die belangrike en onbelangrike. Maak 'n spesiale okkasie van klein dingetjies en kommunikeer, kommunikeer, kommunikeer! Praat, maar luister veral en as daar 'n misverstand of ongelukkigheid is, speel oop kaarte: oor wat jy gehoor het en hoe jy gevoel het, so gou as moontlik en gee dan ook die ander kans om te deel en luister en maak seker jy hoor! Moenie aanneem die ander "weet net" of "moet mos verstaan" nie. As jy verkeerd was, sê jy is "jammer", eerder nou as later en LAG saam! Dit is die beste gom vir groei!