
Dorp: Bloemfontein
Antwoord 1: Hallo My naam is Suzelle Swanepoel en ek is 28 jaar oud. Ek is 'n Kliniese tegnoloog werksaam by 'n kardioloog. My Ma se naam is Surita Swanepoel. Sy is 56 jaar oud en is 'n onderwyseres van beroep. Wat maak ons verhouding spesiaal? Onvoorwaardelike liefde, ondersteuning deur goeie en minder goeie tye en aanvaarding nét soos jy is, maak óns ma en dogterverhouding spesiaal. Ons is mekaar se beste vriendin. Ons deel alles, inspireer en motiveer mekaar. Ons kan diep uit ons mae lag vir die simpelste sêding of gebaar! Dìt gebeur gewoonlik wanneer Ma Surita bad en Suzelle op die kant van die bad sit en kuier. Ons band groei deur lewenslesse wat verryk. Al sit ons net saam en uiter geen woord nie, sê dit baie meer as woorde. Ons huil saam in minder goeie tye. Drukkies of 'n hand op die skouer, is baie belangrik of net nabyheid, dra onuitgesproke ondersteuning oor. Kommunikasie is vir ons belangrik om 'n gesonde verhouding te hê. Ons krop nie op nie en praat dinge uit. Ons deel oomblikke soos stap, kook, rondloop in die mall of net lekker saam kuier as 'n gesin by 'n braaivleisvuur met 'n gin en tonic. In ons ma-en dogterverhouding , moedig ons mekaar aan om ons beste self te wees. Ons verhouding het natuurlik verander deur die jare. Van die sorg en beskerming van 'n jong dogtertjie, tot die wedersydse ondersteuning en vriendskap van volwassenheid. Geleenthede soos dié van Rooi Rose, het ons twee as nóg 'n spesiale oomblik beskou want ons het tydens ons fotosessie geskater van die lag en dit geniet om tyd saam te spandeer in 'n gejaagde lewe.
Antwoord 2: 2. Hoe ons gegroei het tydens 'n moeilke tyd in ons lewe: Suzelle: My Ma is 'n baie sterk vrou. Sy het alles verloor wat ek nog het, haar Ma, Pa en 'n Down Sindroomboetie. Ek onthou toe ek 7 jaar oud was, was mý jonger boetie op 4 dae oorlede. Dit was 'n baie hartseer tyd maar sy het opgestaan en was sterk vir my en my ouer boetie. Eers as grootmens, het ek besef hoe moeilik dit vir haar moes gewees het. Ek kyk op na haar en ek hoop dat ek ook eendag so sterk en braaf soos sy sal wees. Sy het my geleer dat mens hartseer mág wees en wanneer daar donker dae kom, die Here áltyd vir jou krag gee om daardeur te kom.
Antwoord 3: Ons raad vir ander ma's en dogters: 🩷 Deel dit wat goed en sleg is, met mekaar. 🩷Gee mekaar spasie om jouself te wees. 🩷Lag baie. 🩷Respekteer mekaar se grense, keuses en persoonlikhede. 🩷'n Vars perspektief van 'n jong dame oor die algemeen , inspireer en vul baie spasies in 'n ma se lewe, wat sommer bietjie 'outyds' dink. 🩷Staan saam tydens uitdagings en vier oorwinnings met opregte trots!