Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Nicolette Badenhorst

Nicolette Badenhorst

Dorp: Swellendam

Antwoord 1: Ek en my Ma het ‘n unieke band wat lewenslank en diep emosioneel is. My ma is my eerste rolmodel; ek het al so baie by haar geleer. Sy is vir my ‘n veilige hawe. Ek vertrou haar. Ons het empatie en begrip vir mekaar. Ons deel lewenservarings wat vrouwees en ma-wees insluit. Ons het mekaar onvoorwaardelik lief ten spyte van meningsverskille. Ons liefde is diep gewortel. Ons is eerlik met mekaar en deel dinge met mekaar wat ons nie maklik met ander sal deel nie. Oor die jare het ons verhouding verander soos ons beide verouder en gegroei het. Ons verhouding het verander vanaf versorging na vriendskap. Ons verhouding is vol liefde, uitdagings, groei. Ons het ‘n besondere soort verstaan wat min ander bande kan ewenaar. My ma ondersteun my altyd, Sy het my deurstettingsvermoë en veerkragtigheid geleer. Sy het weer nuwe perspektiewe van my af geleer.

Antwoord 2: Ons het sekerlik soos almal baie goeie tye en minder goeie tye saam beleef. Hierdie tye het juis ons verhouding gevorm. Ons het baie lesse geleer. Die moeilke tye het defnitief ons band verdiep. My pa is 26 jaar gelede skielik oorlede in ‘n motorongeluk. Ek moes sy besigheid oorneem en bestuur. My Ma het ook haar eie besigheid gehad. My kinders was nog baie klein, dus het ons baie uitdagings gehad. Saam het ek en my ma planne gemaak en suksesvol gewees. Dinge het verander; my Ma het weer getrou. Sy het in Engeland gaan woon. Die fisiese afstand het sy eie uitdaging gehad. Tegnologie was in die begin nie so toeganklik nie; dit het kommunikasie bemoeilik. Ons het mekaar gelukkig nog steeds ten minste een keer per jaar besoek en kwaliteit tyd spandeer met mekaar. My stiefpa is 2 jaar gelede oorlede. Ek het haar help verhuis terug na Swellendam toe. Sy het weer haar voete gevind in Swellendam. Toe ek klein was het my ma baie van haar tyd opgeoffer sodat ek my liefde vir perde kon uitleef. Sy my gehelp om my perd te versorg, op te saal en toesig gehou terwyl ek perdry alhoewel dit nie haar liefde was nie. Nou spandeer ons tyd deurdat ons dinge saam doen, gaan vir uitstappies of selfs ‘n koppie tee saam te drink, saam lag en gesels. Ons deel ons liefde vir tuinmaak, naaldwerk, kuns en kook. Ons het geleer om mekaar as individue te sien en nie net as “ma” en “dogter” nie. Die verhouding het beweeg van beheer na wedersydse respek en vriendskap. Moelike tye het ons geleer dat liefde nie perfek hoef te wees om eg te wees nie. ‘N Ma en dogter se verhouding word sterk nie omdat daar geen moeilike tye is nie, maar omdat ons kies om saam deur dit te groei.

Antwoord 3: Praktiese en eerlike raad is: Luister om te verstaan. Dink 2 keer voordat jy reageer. Wees eerlik met mekaar. Respekteer mekaar. Kies jou woorde versigtig . Woorde kan genees of seermaak. Aanvaar mekaar, almal is uniek en spesiaal. Niemand is dieselfde nie. Aanvaar dat jul verskillende is. Liefde beteken nie om dieselfde te wees of te dink nie. Wees geduldig en genadig. Niemand is perfek nie. Ons maak almal foute. Maak tyd vir mekaar en doen dinge saam. Selfs kort gereelde oomblikke bou verbondenheid.