
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Om mekaar lief te hê was soos om my gunsteling storieboek te lees. Elkeen van ons jare was 'n hoofstuk gevul met drukkies, soentjies, die verbind van boe-boes en die aanpak van die volgende avontuur. Ek het baie redes om gelukkig te wees, maar haar teenwoordigheid in my lewe is die dryfkrag wat my aan die gang hou. Om haar te sien groei is 'n seën wat ek vir niks sal verruil nie. Ons is beste vriendinne wat uit ons mae kan lag en net ons verstaan ons lawwe sarkasme. Saam word gelag en gehuil. Oor die hartseer en die mooi van die lewe. Geen projek is vir ons te veel of groot on aan te pak nie. ONS is mekaar se raadgewers as dit by klere kom en gaan graag saam salon toe. Kosmaak is vir ons albei n passie en dit is wanneer ons oor die dag se gebeure gesels.
Antwoord 2: Ons was op n oorsese reis in die Alpe. Daardie dag het ons in die sneeu vasgeval en kon op geen ander manier van die berg afkom as om in baie diep sneeu terug te stap. Daar het ons mekaar geïnspireer om nie op te gee nie en na n paar uur het ons, ons bestemming bereik. Haar woordjies op 5 was “mamma ons is Nelle - en n Nel gee nooit op nie”. Daar het ek geweet dat sy uiterse sterk uithouvermoë het. Ongelukkig is ons deur n egskeiding laasjaar en moes verhuis na Pretoria. n Nuwe skool en werk was vir ons albei n groot uitdaging maar na n jaar van vasbyt en baie trane is ons gelukkiger as ooit.
Antwoord 3: Goeie kommunikasie met deernis en liefde is die fondasie van ons verhouding. Ons spandeer baie alleen tyd en stel belang in mekaar se lewens. Ons het baie pret saam en hou daarvan om op die positiewe dinge in die lewe te fokus. Respek na beide kante is van kardinale belang en ons gun mekaar ons eie spasie. Dis lekker om projekte saam aan te pak asook om saam aktief te wees in die natuur.