Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Annelie Pretorius

Annelie Pretorius

Dorp: Kuils River, Cape Town

Antwoord 1: N Ma en dogter verhouding is baie spesiaal, maar ek is veral dankbaar vir die mooi en baie spesiale band wat daar is tussen ons, nie net is ons “ma en dogter” nie, maar ons verhouding het gegroei as vriendinne ook, ons kan saam lag, droom, huil en diep gesprekke deel, dit is baie spesiaal dat ons verhouding so gemaklik is met mekaar, en dat ons met soveel vertroue en oorgawe oor so baie kan saam gesels, ons verhouding is deur baie struikelblokke in die verlede maar ons het dit oorwin! Ek sal dit wat ons het vir niks veruil nie, ons het saam gegroei en selfs in moeilike tye kies ons mekaar weer en weer, en dit is wat ons verhouding vandag baie sterk maak, asook die onvoorwaardelike liefde tussen ons, daar is niks wat die band kan breek nie, dit maak my hart soms baie seer dat sy so onafhanklik raak, maar ek sien so baie van myself in haar, en die pragtige jong volwasse vrou wat sy is en wat sy bereik het, en vandag kan ek ook baie leer by haar, want sy is nie net my dogter nie, maar my vertroueling en inspirasie. Die vertroue, eerlikheid en respek vir mekaar kan niks breek nie, dit is wat ons verhouding net nog meer spesiaal maak.! Ons kan sonder woorde aanvoel as iets nie met die ander een die dag reg voel nie, so sterk het ons band gegroei, ek as dogter het so baie by my ma geleer, die belangrikste vir my is om nooit my geloof of hoop te veloor nie , sy is die een wat my sag en geliefd laat voel.

Antwoord 2: Ons almal het n storie om te vertel, maar ons storie het n baie gelukkig einde wat ons beide weer sal kies, ons is deur n bitter moeilike tyd n paar jaar gelede, en wat dit die moeilikste gemaak het, was die groot afstand tussen ons, daar was n donker tyd in beide van ons se lewens gewees, maar ek as ma, het nooit moed verloor of opgegee op my dogter nie, die band was altyd daar, al was dit op daardie stadium nie op die beste plek nie, daar is seker goed wat jy doen en besluit in die lewe wat nie altyd maklik is nie, maar vandag as ek terug kyk, het beide van ons soveel geleer en dit het ons net nader aanmekaar gebring, en sterker gemaak. Daar was n tyd wat ek soveel seer in my gedra het, en vrae gehad het oor baie dinge, maar ek het ongelooflik baie vrede in my hart vandag en al was daar besluite geneem wat hartseer gebring het, het ons albei geleer en gegroei en dit het ons nader aanmekaar gebring, ons verhouding het n nuwe dimensie bereik, ek sal die oue altyd onthou en koester maar omhels die nuwe met soveel vreugde en liefde ! Ons het geleer om te luister na mekaar, geleer dat liefde is nie altyd perfek nie, maar dat jy bly staan selfs as dit moeilik gaan, en dat jy daar is vir mekaar, ons ervaring het ons band hegter en sterker gemaak, vandag verstaan ons mekaar beter, luister na mekaar sonder om te oordeel, en is eerlik oor ons gevoelens al is dit soms nie lekker nie, dis ook reg om te kan verskil , te vergewe, te luister en jammer te se, n sterk ma-dogter verhouding is respek, geduld, genade en liefde, ek kan ook se van n dogter se oog punt, dat ek en my ma sal altyd die beste van ons tye saam maak, want dit voel soms of ons nie genoeg tyd saam het nie, ons sien mekaar met tyd net 1 keer n jaar, omdat die afstand so groot is, dit is min en dit gaan vinning verby, maar is van die gelukkigste tye saam, waar ons die beste herinneringe saam maak, en gesels oor n glasie wyntjie, sy is my beste maaitjie. Elkeen van ons se storie verskil, maar dit wat ek wel gaan gee as my raad is dat ons moet vergewe en tyd maak vir mekaar, al is dit n boodskappie of oproep, en dat niks te groot of ooit te veel is wat jy nie saam kan hanteer nie, wees daar vir mekaar in goeie en slegte dae, moenie oordeel nie, jy weet nie wat die ander deurmaak nie, gee baie liefde, jou dogter is jou ewebeeld en sy dra n stukkie van jou binne haar, wees mekaar se rol modelle, wees mekaar se beste vriendinne, dit is n voorreg om n dogter te kan he, wees lief vir mekaar, spadeer soveel jy kan tyd saam, geen ma dogter verhouding is perfek nie, daar is tye van misverstaan en teleurstellings, maar dit is dan belangrik om te luister, dit bring vryheid asook genesing, respekteer mekaar se gevoelens en opinies, moenie bang wees om emosies te wys nie en deel wat jou pla, praat daaroor met n oop hart, n goeie verhouding gaan ook oor moeilike tye waardeur julle gaan, maar saam staan, belangrikste, bid altyd vir mekaar.❤️

Antwoord 3: Elkeen van ons se storie verskil so baie en loop draaie en kronkel paaie, maar dit wat ek wel kan gee as my raad, dat ons moet vergewe en tyd maak vir mekaar, al is dit n boodskappie of oproep, en dat niks te groot of ooit te veel is wat jy nie saam kan hanteer nie, wees daar vir mekaar in goeie en slegte dae, moenie oordeel nie, jy weet nie wat die ander deurmaak nie, gee baie liefde, jou dogter is jou ewebeeld en sy dra n stukkie van jou binne haar, wees mekaar se rol modelle, wees mekaar se beste vriendinne, dit is n voorreg om n dogter te kan he, wees lief vir mekaar, spandeer soveel julle kan tyd saam, geen ma dogter verhouding is ooit perfek nie, daar is tye van misverstaan en teleurstellings, maar dit is dan belangrik om te luister, dit bring vryheid asook genesing, respekteer mekaar se gevoelens en opinies en moenie bang wees om emosies te wys nie, deel wat jou pla, praat daaroor met n oop hart, n goeie verhouding gaan ook oor moeilike tye maar om saam te staan is die belangrikste en bid altyd vir mekaar.❤️