Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Allison van der Walt Allison

Allison van der Walt Allison

Dorp: Ermelo

Antwoord 1: Ek en my dogter deel alles met mekaar! Ons geniet mekaar se geselskap, ons kook saam, lag saam, bak saam, oefen saam, gaan saam met mekaar op vakansie, daar is nie 'n geheim wat ons nie van mekaar weet nie! Ons voltooi mekaar se sinne. Wanneer ons in mense se geselskap is, en ons net vir mekaar kyk weet ons wat die ander een reeds dink. Ons grootste band wat ons deel is ons liefde vir mekaar. Daar gaan nie 'n dag verby wat ons nie met mekaar praat nie. Ek is haar rolmodel en sy is myne.

Antwoord 2: 'n Minder goeie tyd wat ons deurgemaak het was toe ek en my dogter 13 jaar gelede in 'n kop aan kop botsing op die N17 betrokke was. Ons was op pad terug van 'n modeling casting vir Edgar's vir haar toe die ongeluk gebeur. Ongelukkig is die bestuurder van die ander motor oorlede, ons het met die genade van God net 'n weefsel wat Hayley tot vandag nog die gat in haar linker boud het wat haar steeds tot vandag sal herinner deur wat ons was en ek met 'n bloeiende knieg daar weg hospitaal toe. By die hospitaal het hulle gedink ek sou nie weer kan loop nie, na xstrale wat van my rug geneem is. Die volgende oggend het ek wonderbaarlik uit die hospitaal gestap. So iets bly egter vreeslik traumaties, maar bring mens net nader aan mekaar. Mens besef dan wat jy in mekaar het en dat jy elke dag vir mekaar moet leef en lief hê. Om so iets saam met jou jong dogter (6jaar oud toe) sy is vandag 19jaar oud deur te maak bou 'n verhouding elke dag meer en jy groei saam.

Antwoord 3: Vir ons is dit nog altyd belangrik om 'n oop verhouding met mekaar te hê. Ek het altyd vir my kinders gesê wees altyd eerlik met julle ouers, want jou ouers is al wie altyd daar is vir hulle kinders! Ek het net een dogter en dit maak dit nog meer spesiaal om alles met haar te deel. Om 'n dogter te hê is soos God wat vir jou sê hier is 'n lewenslange vriendin. En 'n laaste bietjie raad is die BELANGRIKSTE, maak tyd vir mekaar!