Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Salome Wenhold Salome

Salome Wenhold Salome

Dorp: Buffelspoort

Antwoord 1: Elke mens het één persoon in hul lewe wie se opinie saakmaak. Ek weet (as ma) is my opinie Ansoné se maak en breek. Al raak sy vies vir my - weet sy dat ek eerlik is - blatant eerlik. Ons bly 300 km van mekaar af. So, telefoongesprekke is vir ons baie spesiaal, opbouend en nodig! Ons kan letterlik oor alles gesels, lekker lag en net so lekker skinder. (Ons skinder nie, ons hou net mekaar op hoogte!!!!) En een ding wat ons albei wéét, is dat ons 24/7 vir mekaar daar is. Ek is endloos trots op my dogter. Haar menswees inspireer my... As dogter, beroepsvrou, vrou vir haar man en ma vir hul seuntjie.

Antwoord 2: As Ma het ek baie, baie foute gemaak. Maar wat ek gedink het op daardie stadium reg was - met die middele tot my beskikking. Ek en Ansoné se pa is geskei toe sy graad 6 was. Onnodig om te sê dat dit 'n moeilike stadium was. Ek het emosioneel baie op haar gesteun & telkemaal moes sy haar "grootjuffrou-skoene" terwyl sy nog relatief klein was. Ansoné het 'n baie hoë emosionele intelligensie. Ek het baie keer vir haar gesê dat sy emosioneel ligjare voor haar ouderdomsgroep is.

Antwoord 3: Kommunikasie is die wagwoord. Sê wat julle van mekaar verwag - op alle terreine. Anders word verwagtinge geskep wat op teleurstelling uitloop. As Ma moes ek vinnig besef dat ons denkwyses verskil - al is ons hoe eenders. Wanneer jy LUISTER, verstaan jy beter. Bly biddend vir jou kind en almal in haar kring.