
Dorp: Alberton
Antwoord 1: Ons kan lekker mal wees saam, ons bly 40min van mekaar af maar video call elke dag ons praat soms vir amper 2 ure Ons noem mekaar "kolegas" as ons soggens video call saam ontbyt eet Ons noem mekaar "maaitjies" wanneer ons verspot is Ons deel 'n baie spesiale sin vir humor en lag soms tot die trane loop vir die simpelste goed Ons het baie hartseer wat ons deel, en huil ons oë saam uit As ek nie my foon antwoord nie of as daar iets fout is bel sy pappa en die eerste woorde is "Pappa waar is mamma" Haar man sê soms "How come I hear your mother in this conversation" of sy sal ook soms sê "MY Ma sê altyd .......
Antwoord 2: Sy het getrou en ons was nie daar nie want ons het nie die verhouding goed gekeur nie. Ek het op Faceboek gesien sy is getroud. My oudste seun (haar boetie) is 2021 oorlede aan COVID nadat sy self in die hospitaal was vroeër daardie jaar met COVID Sy het verskeie miskrame gehad, maar het 'n seuntjie van 3 (Declan) en is nou weer swanger met 'n dogterjie wat einde Maart verwag word - Ouma Mamma kleindogter sal wonderlik wees - Ek het 3 A4 bladsye van name gestuur en hulle het op Zoë besluit ☺
Antwoord 3: Wedersydse respek. Deel. Praat. Liefde kan alle struikelblokke oorwin gee net tyd wees bedagsaam en sensatief met mekaar se gevoellens en wense