Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elaine Dos Santos

Elaine Dos Santos

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek, Elaine (45) eer my ma, Patsy (72). Ek is gebore sonder blaaskleppe, en dus was Ek Baie in die hospitaal as baba. My ma het nooit my sy verlaat nie. Ons het nog altyd n sterk band gehad. Lag Baie lekker saam en vee mekaar se trane af. Ons hoor gereeld die gestegte: “ die Appel val nie ver van die boom af nie”. Ons lyk nie net dieselfde nie maar het soveel van dieselfde maniertjies. Enige hoogtepunt of laagtepunt in ons lewens, vier ons saam. Hand aan hand deur dik en dun.

Antwoord 2: My ma Patsy het vir 13 jaar nier versaking gehad. In 2023 moes sy dringend n nier oorplanting kry. Hulle het op haar 70ste verjaardag vir haar n nier oorgeplant. Ek het vir 6 maande na my ma omgesien. Van hospitaal besoeke, Bybel lees, kos aandra en voete vryf. Ek is so dankbaar dat my ma lewe en dat ons vir mekaar gespaar is. My ma het haar hart en siel ingesit om my op Te voed. Sy het my gewys en geleer wat onvoorwaardelike liefde is. Ek ervaar dit vandag nog. Ons is onafskeidbaar. Ek sal nooit moeg word vir my ma nie. (Al vertel sy soms n storie twee keer oor) Ons verhouding is nou nog sterkter as ooit want my ma was geliefd en versorg in haar moeilikste tye. En Ek kon by haar staan soos wat sy by my altyd staan. Ek het my ma se vegtersgees gesien en dit het my so trots gemaak op haar. Nou vier ons elke dag wat ons saam kan kuier gesels en lag.

Antwoord 3: Respek en liefde. Dit klink eenvoudig. Maar dit is Baie belangrik. Veral as n ma en dogter n Baie sterk band het. As hulle beste vriende is. Jou ma, bly altyd jou ma….. voordat sy jou maatjie is. Daarom moet ons mekaar respekteer. Die Here sê: “eer jou Vader en jou Moeder” Vermy konflik en wees n vrede maker. Wanneer mens ouer word besef mens net meer en meer Hoeveel n ma opoffer. Daarom wil Ek my ma net lief hê en geniet. En altyd my dankbaarheid aan haar bewys vir haar liefde en opofferings wat sy altyd vir my gemaak het en steeds doen.