
Dorp: Polokwane
Antwoord 1: Van my dogter se geboorte af het daar n baie spesiale band tussen ons gevorm. Ek het gedink ek sou nooit weer kinders hê nie, maar toe het God ons geseën met ’n pragtige dogtertjie. Ons het baie herinneringe saam gemaak, van vrolike badtye vol lag en plesier tot al die klein goedjies wat ons saam gedoen het. Een van ons spesiale tradisies was ons maandelikse “sushi date” ons het eers saam sushi gaan eet en dan die groceries gaan doen. Ons verskoning vir die plesiertjie was altyd dat jy nie groceries kan gaan koop as jy honger is. Hierdie "sushi dates" het ons tyd geword om op te vang, te gesels en net ma-en-dogter tyd te geniet. Al is sy vandag getroud probeer ons nog steeds om van tyd tot tyd sulke spesiale tydtjies te he. As dogtertjie het sy vir my gese dat ek haar anker is, en met haar troue het sy vir my n arm band gegee met n anker en binne gegraveer met die woorde " Vir ewig my anker" Die band tussen ons is spesiaal as gevolg van die wedersydse liefde tussen ons, die feit dat ons met mekaar lief en leed kan deel.
Antwoord 2: Ons familie het ons dogter altyd "smiley" genoem, want sy sou altyd n glimlag op haar gesig he. As babatjie is sy gediagnoseer met asma en dan sou sy hoes en tussen die hoes n glimlag gee. Ons band het gegroei soos sy gegroei het. Daar was egter ’n tyd in haar lewe waar sy haar lag verloor het, en dit was vir my moeilik om te sien, maar sy moes haar voete vind en leer om haar eie besluite te maak. Ek het wel geweet ek moet terugstaan maar tog ook daar wees. Deur dit alles het ons verhoudig tog gegroei want sy het geweet ek is daar en met tye was n drukkie en n alleen tydjie saam ma genoeg. Ek het aangehou bid vir haar . Sy het haar plekkie gevind in die lewe en in die proses n wonderlikke man ontmoet wat haar motiveer en laat lag. In die hele proses het ons verhouding net sterker geword. Ons band het so heg geword dat ek elke tree saam haar was terwyl sy haar troue beplan het. Vandag is ons so naby dat ek sommer kan aanvoel as sy nie ’n lekker dag het nie – en met een oproep bevestig sy dit.
Antwoord 3: As ’n ma is dit belangrik om jou dogter se spasie te respekteer en haar toe te laat om deur verskillende fases te gaan en haar eie identiteit te vind. Wees daar vir haar in goeie én slegte tye en bid gereeld vir haar. Leer haar hoe sy verdien om behandel te word, sodat sy altyd haar waarde ken. Bou ’n verhouding waarin jou dogter vry voel om na jou toe te kom, ongeag die omstandighede, met die wete dat sy nie veroordeel sal word nie, maar met liefde en begrip hanteer sal word. Net so moet dogters hul ma respekteer en onthou dat ’n ma sekere dinge doen uit liefde en om haar dogter te beskerm.