
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en my Ma het n verhouding soos geen ander.Ons verhouding strek verder as net familie,ons is mekaar se veilige hawe as die wêreld en sy dinge vir ons te veel raak en mekaar se groot ondersteuners as ons alleen voel! My ma was my heel eerste liefde,ondersteuner,raadgewer en rolmodel. Dy het my geleer om vir myself op te staan vir wie ek is en altyd my beste te gee. Ek is wie ek is vandag nie omdat ek self bo uit gekom het nie maar omrede my ma my altyd ondersteun het om dir beste weergawe van myself te wees. Elke hartseer en gelukkige lewensfase is die dinge wat ons in ons verhouding koester! Om saam aan hierdie ma-en-dogter kompetisie deel te neem, sou nie net ’n eer wees nie, maar ’n viering van ’n lewenslange band wat niks kan breek nie. Ons is nie net ma en dogter nie – ons is mekaar se hart, span en tuiste.
Antwoord 2: Alhoewel daar slegte en goeie dinge in die lewe gebeur is daar altyd ń goeie rede agter elk van die dinge. Ek en my ma het nog nooit deur enige slegte tyd gegaan wat ons band gebreek het nie maar baie goeie dinge in die lewe saam ervaar! Ek dink een van die beste tye is die tyd soos nou die tyd waarin ek binnekort die grootmens lewe moet betree en alle raad van my moeder saam skraap om ń bietjie insig oor die lewe te kry! Die tyd waar my ma op die oomblik my beste vriendin,ondersteuner en weereens raadgewer is! Die tyd waar ons al my laastes as ń kind saam vier en waar ek alles vir oulaas as ń kind met haar kan deel! Dis die goeie tyd wat ons band net soveel meer versterk en ons help om aan ons verhouding te bou…
Antwoord 3: Wanneer jy ooit dink jou ma is te kwaai,te misluk of te streng dink dalk twee keer want daai klein dogtertjie word tog die volwasse dame met skoonheid en reinheid asgevolg van haar moeder se gebede,leiding en lang trane om die beste vir haar dogter te wil hê. Vir die Ma’s wat soms dink die tiener dogter raak teveel dink mooi want die klein oomblikke word soms gemis as ń mens die tyd om wens en voor jy weer kyk is die tyd verby! Ń goeie ma en dogter verhouding begin by luister sonder oordeel en liefde sonder voorwaardes so gryp die oomblik vas waardeer mekaar en wees daar vir mekaar voordat die oomblik verby is!